Upington

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Upington
Uitsig oor Upington
Uitsig oor Upington
Slagspreuk: Die Mense Regeer
Ligging van Upington op 'n kaart (Noord-Kaap)
Upington
Upington
Koördinate: 28°27′S 21°14′O Koördinate: 28°27′S 21°14′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit ZF Mgcawu
Plaaslike Munisipaliteit //Khara Hais
Stigting 1871
Vernoem na Thomas Upington
Regering
 - Burgemeester Limakatso Koloi[1]
Oppervlak
 - Dorp 38,95 km²  (15 vk m)
 - Sensusgebied 580,8 km² (224,2 vk m)
Hoogte 836 m (2 743 vt)
Bevolking (2011)
 - Dorp 46 909
 - Digtheid 1 200/km² (3 108/myl2)
 - Sensusgebied 74 834
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 8800
Strate: 8801
Skakelkode(s) 054

Upington is geleë op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie. Die dorp het munisipale status in 1898 verkry.

Upington vandag[wysig]

Vandag is Upington 'n groot dorp met 'n geskatte 101 504 inwoners in 2008, die naasgrootste nedersetting in die Noord-Kaap. Dit dien as 'n vername administratiewe sentrum van die provinsie Noord-Kaap. Upington lê in die Kalahariwoestyn, maar danksy die water van die Oranjerivier is dit 'n belangrike landbousentrum vir druiwe, koring en groente. Daarnaas is dit 'n gewilde toeristebestemming in die noordweste van Suid-Afrika.

Infrastruktuur[wysig]

Die Upington-lughawe (voorheen bekend as die Pierre van Ryneveld-lughawe) is by die dorp. Die N10 en N14 nasionale paaie kruis in Upington. Die spoorverbinding tussen Suid-Afrika en Namibië gaan ook deur die dorp.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

Eksterne skakels[wysig]