Springbok

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Springbok
Springbok in Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Subfamilie: Antilopinae
Genus: Antidorcas
Sundevall, 1847
Spesie: A. marsupialis
Binomiale naam
Antidorcas marsupialis
(Zimmermann, 1780)
Verspreiding in Suider-Afrika
Verspreiding in Suider-Afrika
Hierdie artikel handel oor die boksoort. Vir die dorp in die Noord-Kaap, sien Springbok, Noord-Kaap en die nasionale rugbyspan, sien Springbokke.

Die springbok (Antidorcas marsupialis) is 'n klein, bruin-en-wit wildsbok wat in die westelike dele van Suider-Afrika aangetref word.

Volwasse springbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm. Springbokramme weeg 33-56 kg, terwyl ooie 'n gewig van 25-40 kg kan bereik. Die ram het horings wat tot 48 cm lank kan wees. Springbokke kan 'n spoed van 80-90 km/h bereik, terwyl hul naam op hul springvermoë dui: hierdie bokke kan 3,5 m hoog en tot 15 m ver spring.

Springbokke bewoon die droë binnelandse gebiede van suidelike Afrika en was eens op 'n tyd volop in hierdie gebiede. Weens die jag op hulle, en menslike besetting van hul woongebied, is daar egter vandag aansienlik minder te vinde.

Die ooi is tussen 5,5 en 6 maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie gewoonlik in November gebore word. Springbokke het 'n moontlike lewensduur van 10 jaar.

Nasionale embleem[wysig]

Posseël van Suid-Afrika, 1923.

Die Springbok was vroeër die nasionale sportembleem van Suid-Afrika gewees. Die tradisie het sy oorsprong in die 1906-1907-rugbytoetsreeks in Engeland. Ná die afskaffing van apartheid is die embleem ook afgeskaf omdat dit vir vele 'n simbool van onderdrukking was. Danksy die ingryping van Nelson Mandela is die embleem egter behou vir die Suid-Afrikaanse rugbyspan. Dit is die nasionale soogdier van Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]