Baffin-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Baffin-eiland
Inheemse naam: Baffin Island
ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk
Kaart wat die Baffin-eiland vertoon
Kaart wat die Baffin-eiland vertoon
Geografie
Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 69°N 72°W
Argipel Kanadese Arktiese Argipel
Oppervlak 507 451 vk km
Hoogste punt Berg Odin 2 147 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Flag of Nunavut.svg Nunavut
Hoofstad Iqaluit
Grootste stad Iqaluit (6 184)
Demografie
Bevolking 10 745
Bevolkingsgroepe Inuit (72,7%)
Die wêreld se vyfde grootste eiland en die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel
Ligging van die Baffin-eiland

Baffin-eiland (Engels: Baffin Island, Inuktitut: ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk), die wêreld se vyfde grootste eiland, ná Groenland, Nieu-Guinee, Borneo en Madagaskar, beslaan 'n oppervlakte van 507 451 km2. Dit is die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Iqaluit, die hoofstad van die gebied, is in die suidooste van die eiland geleë. Die eiland is vernoem ná die Britse ontdekker William Baffin.