Bartolomeus Dias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bartolomeus Dias
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Standbeeld van Dias by Suid-Afrika se Hoëkommissaris in Londen.

Geboortenaam Bartolomeu Dias
Gebore ca. 1450
Algarve, Portugal
Oorlede 24 Mei 1500
Kaap die Goeie Hoop
Nasionaliteit Portugal
Beroep Navigator, ontdekkingsreisiger
Bekend vir Eerste Europese wat om die suidpunt van Afrika seil.
Dias se roete om Afrika (1487–88).
Standbeeld van Dias in Kaapstad.

Bartolomeus Dias (ca. 145029 Mei 1500) was 'n Portugese ontdekkingsreisiger en seevaarder wat in 1488 om die punt van Afrika geseil het.

In 1487 vra koning John II van Portugal vir Dias om na die land van die Christelike koning genaamd Prester John in die ooste te soek. Omdat Prester John nie regtig bestaan het nie, het hy nie die land gevind nie, maar het hy wel 'n roete vanaf die Atlantiese Oseaan na die Indiese Oseaan ontdek wat na Asië lei.

In Desember 1477 word hy die eerste Europeër wat in Suidelike Afrika voet aan wal sit toe hy by Kaap Kruis in Namibië aan land gaan. In Januarie 1488 word hy die eerste Europeër wat om Kaap die Goeie Hoop seil. In Februarie dieselfde jaar word hy die eerste Europeër om voet aan wal in Suid-Afrika te sit toe hy by Mosselbaai aan land gaan. Hy het 'n kalksteenkruis by Kwaaihoek opgerig.

Dias is in 1500 ter see in 'n storm oorlede as kaptein van 'n skip wat na Brasilië onderweg was.

Daar is later vir hom 'n standbeeld in Kaapstad, Suid-Afrika opgerig.

Sien ook[wysig]