Basel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Basel
Mittlere Brücke.jpg

Kaart Wapen
Karte Gemeinde Basel 2007.png
Wappen Basel-Stadt matt.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Flag of Switzerland.svg Switserland
 Kanton Flag of Canton of Basel.svg Basel
 Koördinate 47°33′N 07°35′O
 Stigting 237/238
 Oppervlakte:  
 - Totaal 22,75 vk km
 Hoogte bo seevlak 260 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Oktober 2010) 170 648
 - Bevolkingsdigtheid 7 501/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Amptelike webwerf Stadt Basel

Basel (Duits en Engels: Basel, Frans: Bâle, Nederlands: Bazel, Italiaans, Romansch en Spaans: Basilea, Latyn: Basilia, somtyds in Engels: Basle) is die derde grootse stad in Switserland naas Zürich en Genève, en het 'n bevolking van sowat 171 000 (2010). Die drielandestad lê in die noordweste van die land, aan die grens met Duitsland (die stad Weil am Rhein) en Frankryk (die nedersettings Saint-Louis en Huningue).

Deur die stad vloei die Ryn-rivier.

In die stad word 'n vorm van die Nederalemanniese Duitse dialek gepraat, die Baselduitse subdialek wat verwant is aan die nabygeleë Elsasser Duitse subdialek maar verder 'n taal-enklawe vorm in die Hoogalemanniese Duitse dialekgebied.

In 1529 het die Reformasie ingang in Basel gevind. Later, in 1897, het Basel danksy die inisiatief van die Oostenrykse joernalis Theodor Herzl as gasheerstad van die eerste Sionistiese Wêreldkongres opgetree wat die stigting van 'n Joodse staat in Palestina bepleit het.