Beervleidam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Beervleidam
Amptelike naam Beervleidam
Land Suid-Afrika.
Ligging Aberdeen, Oos-Kaap
Koördinate 33°4′30″S 23°29′1″O Koördinate: 33°4′30″S 23°29′1″O
Doel Besproeiing
Openingdatum 1957
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Grondvulling
Hoogte 31 m
Lengte 348 m
Bakmaat 85,8 miljoen m3
Dam op Grootrivier

Die Beervleidam is in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë waar die Kariega- en Soutriviere saamvloei, net langs die N9 tussen Willowmore en Aberdeen. Die rivier staan hiervandaan bekend as die Grootrivier.[1]

Die dam is in 1957 amptelik in gebruik gestel, het 'n opvanggebied van 2 071 990 ha, 'n kapasiteit van 85 800 000 m3 en 'n oppervlakarea van 231 hektaar. Die damwal is 31 m hoog en 348 m lank.

Die doel van die dam is eerstens om die vloedwaters van die Grootrivier te tem en daarna eers om water te verskaf vir vloedbesproeiing (in teenstelling met permanente besproeiing). Beervleipoort net bokant Willowmore by die samevloeiing van die Sout- en Kariegariviere is 'n nou poort waar groot hoeveelhede water met 'n redelike kort wal vasgekeer kan word omdat die water oor die Karoovlaktes agter die bergreeks opstoot.

Die Soutrivier is geneig om sout te word en verdamping oor die groot oppervlakte werk mee dat die soute kondenseer. Daarom is die opgegaarde water nie geskik vir besproeiing nie. Reën kom in die vorm van donderstorms en is uiters wisselvallig. Dit veroorsaak verspoelings en die water dra dan baie slik wat die dam se opgaarvermoë verminder. Na geweldige reën in die Karoo in 1961 het die dam vir die eerste maal oorgeloop. Toe het hy hom bewys as vloedbeheerdam en so skade voorkom in die Gamtoosriviervallei.

Verwysings[wysig]

  1. Padlangs deur Suid-Afrika. 2010 ISBN 978-1-77007-751-5
  • Malan, G.F.: Die brullende leeu getem. Patensie, 1970