Bronskoningvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bronskoningvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Superfamilie: Percoidea
Familie: Carangidae
Genus: Caranx
Spesie: C. papuensis
Binomiale naam
Caranx papuensis
Alleyne & Macleay, 1877
Geskatte verspreiding
Geskatte verspreiding
Sinonieme
  • Caranx regularis
    Garman, 1903
  • Caranx celetus
    Smith, 1968

Die Bronskoningvis (Caranx papuensis) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia suid tot by Port Alfred in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Brassy kingfish.

Voorkoms[wysig]

'n Brons koningvis

Die volwasse vis se lyf is geel tot blou-groen aan die bokant en silwer aan die onderkant met 'n helder wit kol net agter die boonste rand van die operkulum. Daar is ook verspreide swart kolletjies op die boonste gedeelte van die lyf en kop. Die stert is gevurk met die boonste lob donkergrys en die onderste lob geel. Die vis word tot 80 cm lank en 5 kg swaar.

Habitat[wysig]

Die visse verkies rots- en koraalriwwe om op te leef. Hulle vreet hoofsaaklik vis van die riwwe, tjokka, garnale en krappe. Die volwasse visse is alleenlopers of kom in pare voor en die onvolwasse visse bly in skole saam. Dit is 'n gesogte eetvis.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]