Daryl Impey

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Impey tydens die Tour de l'Ain in 2011.

Daryl Impey (* 6 Desember 1984 in Johannesburg), is 'n Suid-Afrikaanse professionele padfietsryer. Hy ry tans vir die UCI Orica-GreenEDGE Proteam. Gedurende 2010 het hy vir die RadioShack-span gery. Sy grootste sege is die Toer van Turkye gedurende 2009. Hy het in 2012 en 2013 aan die Tour de France deelgeneem.

Gedurende die 2013 Tour de France dra hy die gesogte geel trui na die 6de skof ná verskeie goeie vertonings in die eerste paar skofte en word sodoende die eerste Suid-Afrikaner en persoon van Afrika wat dit kon regkry[1]. Hy verloor egter die geeltrui na die 7de skof.

Daryl se vader, Tony Impey, was ook 'n professionele padfietsryer gedurende die 1980's en 90's.

Verwysings[wysig]

External links[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Daryl Impey (kategorie)