Tour de France

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fietsryers tydens die Tour de France, 2005.
Die geel trui.

Die Tour de France is die bekendste fietswedren ter wêreld. Die wedren strek oor drie weke -dus eintlik 'n toer- en vind altyd gedurende Julie plaas. Die eerste wedren het in 1903 plaasgevind en gedurende 2011 het die wedren vir die 98ste keer plaasgevind. Saam met die Tour van Italië (Giro d'Italia) en die Toer van Spanje (Vuelta a España) vorm dit deel van die Groot Drie Toere. Die wenner is die ryer met die minste totale tyd na afloop van die toer; elke skof se tyd word bymekaar getel. Die wenner kry die Geeltrui. Die wenspan is die span met die minste totale tyd na afloop van die toer; die beste drie ryers se tye van elke span word vir elke skof bymekaar getel.

Wenners vanaf 2000[wysig]

Jaar Wenner Nasionaliteit
2000 Lance Armstrong VSA
2001 Lance Armstrong VSA
2002 Lance Armstrong VSA
2003 Lance Armstrong VSA
2004 Lance Armstrong VSA
2005 Lance Armstrong VSA
2006 Óscar Pereiro Spanje
2007 Alberto Contador Spanje
2008 Carlos Sastre Spanje
2009 Alberto Contador Spanje
2010 Andy Schleck* Luxemburg
2011 Cadel Evans Australië
2012 Bradley Wiggins Verenigde Koninkryk
2013 Chris Froome Verenigde Koninkryk
  • Die titel is eers in 2012 aan Andy Schleck toegeken nadat Alberto Contador gediskwalifiseer is vir 'n positiewe opkikker-toets.[1]

Suid-Afrikaners in die Tour de France[wysig]

Robbie Hunter en John-Lee Augustyn is die enigste twee Suid-Afrikaners wat nog aan die Tour de France kon deelneem. Robbie Hunter is die eerste Suid-Afrikaner nog wat 'n skof kon wen in die Tour de France en wel gedurende die 2007 toer. Daryl Impey het aan die 2012 toer deelgeneem en gedurende die 2013 toer die geeltrui gedra na die 6de skof, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon vermag.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Tour de France (kategorie)
  1. Beeld. Andy Schleck uit Tour de France 13 Junie 2012