Downton Abbey

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Downton Abbey
Highclere Castle.jpg
Die Highclere-kasteel in Hampshire is as die stel van Downton Abbey vir binnens- en buitenshuise opnames gebruik
Genre Kostuumdrama
Geskep deur Julian Fellowes
Geskryf deur Julian Fellowes
Shelagh Stevenson
Tina Pepler
Geregisseer deur Brian Percival
Ben Bolt
Brian Kelly
Andy Goddard
James Strong
Ashley Pearce
Temamusiekkomponis John Lunn
Openingstema Did I Make The Most of Loving You?
Oorsprong Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Taal Engels
Aantal seisoene 4
Aantal episodes 34
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s) Julian Fellowes
Gareth Neame
Rebecca Eaton
Produksiemaatskappy Carnival Films
Uitsending
Oorspronklike kanaal ITV, PBS
Oorspronklike lopie 26 September 2010
Webskakels
Amptelike webwerf

Downton Abbey is 'n Britse kostuumdrama wat deur Julian Fellowes geskep en deur Carnival Films en Masterpiece gemeenskaplik vervaardig is. Dit is deur ITV op 26 September 2010 vir die eerste keer in die Verenigde Koninkryk en deur PBS op 9 Januarie 2011 as deel van die Masterpiece Classic-antologie vir die eerste keer in die Verenigde State uitgesaai.

Die televisiereeks, wat op die fiksionele Engelse landgoed Downton Abbey in Yorkshire afspeel, beeld die lewe van die adellike Crawley-gesin en hul bediendes in die post-Edwardiaanse tydperk uit, waarby belangrike historiese gebeurtenisse invloed op hul lewe en die Britse klashiërargie uitoefen. Hierdie gebeurtenisse sluit die nuus oor die ondergang van die RMS Titanic in die eerste seisoen; die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, die grieppandemie in 1918 en die Marconi-skandaal in die tweede seisoen; en die tussenoorlogse tydperk en vorming van die Ierse Vrystaat in die derde seisoen in.

Downton Abbey het positiewe kritiek ontvang en is met 'n aantal pryse bekroon, waaronder die Golden Globe Award vir die beste mini- of televisiereeks en die Primetime Emmy Award vir uitstekende minireekse. Dit was die gewildste televisiereeks op sowel ITV asook PBS en het vervolgens die suksesvolste Britse kostuumdrama sedert Brideshead Revisited, wat in 1981 uitgesaai is, geword. Toe die derde reeks gebeeldsaai is, was dit reeds een van die gewildste televisiereekse wêreldwyd.[1] 'n Vierde seisoen word in die najaar van 2013 uitgesaai, 'n vyfde seisoen sal in 2014 gebeeldsaai word.

Oorsig[wysig]

Die reeks speel af in die fiktiewe Downton Abbey, 'n landhuis in Yorkshire en die setel van graaf en gravin Grantham, en volg die lewens van die adellike Crawley-gesin en hul bediendes tydens die regentskap van koning George V. Die eerste seisoen dek die twee jare voor die Groot Oorlog en begin met die nuus oor die ondergang van die RMS Titanic in 1912.

Die tweede seisoen dek die tydperk tussen 1916 en 1919, met 'n spesiale Kersfees-episode wat Kersfees 1919 dek en vroeg in 1920 eindig. Die derde seisoen sluit hierby aan en dek die tydperk tussen 1920 en die najaar van 1921.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Temamusiek



Highclere-kasteel, die stel van Downton Abbey



Downton Abbey Wiki