George V van die Verenigde Koninkryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
George V
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië
Koning George V.
Koning George V.
Vorstehuis Sakse-Koburg en Gotha,
Windsor
Titels SM die Koning
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Cornwallis en York
Regeer 6 Mei 191020 Januarie 1936
Kroning 22 Junie 1911
Voorganger Edward VII
Opvolger Edward VIII
Volle naam George Frederick Ernest Albert
Gebore 3 Junie 1865; Marlborough House, Londen
Oorlede 20 Januarie 1936; Sandringham House, Norfolk
Begrawe 29 Januarie 1936; St. George-kapel, Windsor
Eggenote Mary van Teck
Kinders Edward VIII
George VI
Mary, kroonprinses, Gravin van Harewood
Prins Henry, Hertog van Gloucester
Prins George, Hertog van Kent
Prins John
Vader Edward VII
Moeder Alexandra van Denemarke

George V (George Frederick Ernest Albert; 3 Junie 1865 – 20 Januarie 1936) was die eerste monarg van die Huis van Windsor wat hy geskep het van die Britse tak van die Duitse Huis van Sakse-Koburg en Gotha. Hy was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië en die eerste koning van Ierland na dié se onafhanklikwording. George het van 1910 tot met sy dood in 1936 regeer.

Hy het vandat hy twaalf was in die Britse vloot gedien, maar met die onverwagte dood van sy oudste broer, prins Albert Victor, die Hertog van Clarence en Avondale, het hy die troonopvolger geword. Hy het met sy broer se verloofde, Mary van Teck, getrou. Hoewel hulle soms deur die Britse Ryk getoer het, het George verkies om tuis te bly met sy seëlversameling en het hy volgens sy biograwe ’n taamlike eentonige lewe gelei.

Bewind[wysig]

George het koning-keiser geword met die dood van sy pa, koning Edward VII. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het hy afstand gedoen van alle Duitse titels en aanspreekvorms namens sy familielede wat Britse onderdane was. Hy het die naam van die koningshuis van Sakse-Koburg en Gotha verander na Windsor. Tydens sy bewind het die Statuut van Westminster die kroon verdeel sodat George die dominiums as aparte koninkryke regeer het. So is die weg gebaan vir die toekomstige ontwikkeling van die Statebond. Tydens sy bewind was daar ook ’n opgang van sosialisme, fascisme, Ierse republikanisme en die eerste Britse Arbeidersregering – dit alles het die politieke spektrum radikaal verander.

George was tydens die grootste deel van sy latere bewind siek. Hy is ná sy dood deur sy oudste seun, Edward, opgevolg.

Titels en aanspreekvorms[wysig]

  • 3 Junie 1865 – 24 Mei 1892: Sy Koninklike Hoogheid prins George van Wallis
  • 24 Mei 1892 – 22 Januarie 1901: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van York
  • 22 Januarie 1901 – 9 November 1901: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwallis en York
  • 9 November 1901 – 6 Mei 1910: Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis
    • in Skotland: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Rothesay
  • 6 Mei 1910 – 20 Januarie 1936: Sy Majesteit die Koning
    • in verband met Indië: Sy Majesteit die Koning-keiser

In die kultuur[wysig]

Op die silwerdoek en televisie is George uitgebeeld deur:

Kinders[wysig]

Naam Gebore Oorlede Notas
Edward, die Prins van Wallis
later Edward VIII
23 Junie 1894 28 Mei 1972 Later die Hertog van Windsor; getroud met Wallis Simpson; geen kinders
Prins Albert, die Hertog van York
later George VI
14 Desember 1895 6 Februarie 1952 Getroud met lady Elizabeth Bowes-Lyon; het kinders gehad
Mary, kroonprinses en Gravin van Harewood 25 April 1897 28 Maart 1965 Getroud met Henry Lascelles, 6de Graaf van Harewood; het kinders gehad
Prins Henry, Hertog van Gloucester 31 Maart 1900 10 Junie 1974 Getroud met lady Alice Montagu-Douglas-Scott; het kinders gehad
Prins George, Hertog van Kent 20 Desember 1902 25 Augustus 1942 Getroud met prinses Marina van Griekeland en Denemarke; het kinders gehad
Prins John 12 Julie 1905 18 Januarie 1919 Dood aan siekte-aanvalle

Stamboom[wysig]

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Edward VII van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Victoria van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 George V 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Christiaan IX van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alexandra van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Louise van Hesse-Kassel
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  • Matthew, H. C. G. (September 2004; aanlyn-ed., Mei 2006), "George V (1865–1936)", Oxford Dictionary of National Biography (Oxford University Press), http://www.oxforddnb.com/view/article/33369 
  • Harold Nicolson (1952). King George the Fifth: His Life and Reign. Londen: Constable and Co. 
  • James Pope-Hennessy (1959). Queen Mary. Londen: George Allen and Unwin, Ltd. 
  • Kenneth Rose (1983). King George V. Londen: Weidenfeld and Nicolson. ISBN 0-297-78245-2. 
  • Sinclair, David (1988). Two Georges: The Making of the Modern Monarchy. Londen: Hodder and Stoughton. ISBN 0-340-33240-9. 
  • Edward VIII of the United Kingdom (1951). A King’s Story. Londen: Cassell and Co. 

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Britse monarge wat afstam van die Duitse Huis van Hannover
Huis van Hannover George I · George II · George III · George IV · William IV · Victoria
Huis van Sakse-Koburg en Gotha Edward VII · George V
Huis van Windsor George V · Edward VIII · George VI · Elizabeth II