Fokofpolisiekar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fokofpolisiekar
Fokofband.jpg
Fokofpolisiekar in Amsterdam, Nederland, Mei 2011
Alias Polisiekar
Die Bende
FPK
Oorsprong Bellville (Suid-Afrika)
Genre(s) Rock, punk
Aktiewe jare 2003 — 2007
2009 — hede
Webwerf fokofpolisiekar.co.za
Lede François Badenhorst
Hunter Kennedy
Jaco Venter
Wynand Myburgh
Johnny de Ridder
Assosiasies aKing, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel
Portal.svg Musiekportaal

Fokofpolisiekar (ook bekend as Die Bende, Polisiekar of FPK) is 'n Afrikaanse musiekgroep van Bellville naby Kaapstad, Suid-Afrika. Die groep het in April 2003 as 'n grap ontstaan met die doel om die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap te skok. Die groepsbesetting is François "van Coke" Badenhorst op voorsang, Hunter Kennedy op sang en ritmekitaar, Jaco "Snakehead" Venter op tromme, Wynand Myburgh op baskitaar en Johnny de Ridder op hoofkitaar.

In 2003 het hulle, sonder om al ooit te getoer het, hul eerste EP, As jy met vuur speel sal jy brand, uitgegee. Die eerste enkelsnit, Hemel op die Platteland, het geskiedenis gemaak toe dit die eerste Afrikaanstalige snit geword het om op die radiostasie 5FM se amptelike speellys gelys te word. As jy met vuur speel sal jy brand is deur Lugsteuring (2004), hul eerste vollengtealbum, opgevolg. Teen hierdie tyd het die Afrikaanse jeug reeds aanklank by die boodskap wat die groep uitdra, gevind. 2005 se Monoloog in Stereo EP was as bewys hiervan 'n reuse sukses.

In 2006 het Fokofpolisiekar beide Brand Suid-Afrika, 'n enkelspeler, en Swanesang, hul tweede vollengtealbum, uitgereik. Beide is goed ontvang en het baie speeltyd op DStv se hoofsaaklik Afrikaanse musiekkanaal MK gekry.

Omstredenheid[wysig]

Die groep was sedert hul ontstaan in omstredenheid gedompel. Baie radiostasies was aanvanklik onwillig om hul musiek te speel vanweë die vloekwoord in die groep se naam, daarom is hulle deur baie net "Polisiekar" gedoop.

Dele van die Christelike gemeenskap was aangeslag oor hul gebruik van antigodsdienstige lirieke, soos dié van Hemel op die Platteland - "kan iemand dalk 'n god bel, en vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie."

Polisiekar is amper uit die Klein Karoo Nasionale Kunstefees geskop deur die land se kerkleiers wat gedreig het om hul sale te onttrek, sou die groep daar optree.

Albums[wysig]

  • As jy met vuur speel sal jy brand (EP, 2003)
  • Lugsteuring (2004)
  • Monoloog in Stereo (EP, 2005)
  • Brand Suid-Afrika (enkelspeler, 2006)
  • Swanesang (2006)
  • Antibiotika (EP, 2008)

As jy met vuur speel sal jy brand (2003)[wysig]

As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand is Fokofpolisiekar se eerste vrystelling. Dit is 'n 7-snit EP wat in 2003 deur Rhythm Records in Suid-Afrika vrygestel is. Snit 7, "Fokofpolisiekar", het 'n versteekte snit wat op 5:37 begin speel, en handel oor die agteruit speel van snitte.

Lugsteuring (2004)[wysig]

Lugsteuring is Fokofpolisiekar se eerste vollengtealbum. Daar is twaalf snitte daarop, Dit was vrygestel in 2004 deur Rhythm Records

Monoloog in Stereo (2005)[wysig]

Monoloog in Stereo is Fokofpolisiekar se derde vrystelling en hul tweede EP. Dié album is in Junie 2005 vrygestel.

Brand Suid-Afrika (2006)[wysig]

Brand Suid-Afrika is 'n 4-snit-EP. Dit is deur Rhythm Records in 2006 vrygestel en sluit 'n musiekvideo van "Hemel op die Platteland (akoesties)" in. Die CD speel omtrent 14 minute lank sonder die musiek video.

Swanesang (2006)[wysig]

Swanesang is die groep se tweede vollengtealbum. Dit is in 2006 deur Rhythm Records vrygestel en is 45:08 minute lank. Die album is nie so swaar as vorige albums nie en bevat meer melodieë en alternatiewe klanke. Dit sluit die baan "Brand Suid-Afrika" in, wat vroeër op Brand Suid-Afrika vrygestel is.

Antibiotika (2008)[wysig]

Antibiotika is 'n dubbelalbum wat in 2008 vrygestel is. Dit bevat vier snitte en agt musiekvideo's van vorige uitgawes met 'n video van die opkomend Fokofpolisiekar dokumentêr.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verdere leesstof[wysig]