Friesland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Suid-Holland Noord-Holland Friesland Groningen Drenthe Flevoland Overijssel Gelderland Utrecht Limburg Noord-Brabant Zeeland
Ligging van Provinsie Friesland in Nederland
Die vlag van Friesland
Die wapen van Friesland

Friesland (Wes-Fries: Fryslân) is een van die twaalf provinsies van Nederland, met 'n bevolking van 647 239 (soos op 30 September 2012), 'n oppervlakte van 5 749 km² en 'n bevolkingsdigtheid van 194 inwoners per km². Die hoofstad is Leeuwarden (Ljouwert in Wes-Fries).

Alle bewoonde Wes-Friese eilande, met uitsondering van Texel, val administratief onder die provinsie. Sy ligging tussen die IJsselmeer in die weste en die provinsie Groningen in die ooste maak van Friesland die tweede mees noordelike provinsie van Nederland. Dit is die enigste provinsie wat naas Nederlands 'n tweede ampstaal het - Wes-Fries wat, ondanks sy noue verwantskap met Nederlands, as 'n selfstandige taal erken word. Die meeste sprekers van Wes-Fries is egter ook Nederlands magtig.

Die amptelike naam van die provinsie in Nederland is volgens 'n besluit van die Nederlandse Departement van Binnelandse Sake, wat in November 2004 geneem is, Fryslân.

Landbou en toerisme op die mere en eilande in die Waddensee is belangrike bronne van inkomste. Die provinsie is ook bekend vir sy ysskaatsers en die Elfstedentocht, 'n ysskaats-resies van 200 kilometer wat na die historiese elf stede van Friesland vernoem is.


Provinsies van Nederland Flag of the Netherlands.svg

Flag Drenthe.svg Drenthe | Flevolandflag.svg Flevoland | Frisian flag.svg Friesland | Gelderland-Flag.svg Gelderland | Flag Groningen.svg Groningen | NL-LimburgVlag.svg Limburg | North Brabant-Flag.svg Noord-Brabant | Flag North-Holland, Netherlands.svg Noord-Holland | Flag of Overijssel.svg Overijssel | Flag Zuid-Holland.svg Suid-Holland | Utrecht (province)-Flag.svg Utrecht | Flag of Zeeland.svg Zeeland