Wes-Fries

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wes-Fries
(Westerlauwersk) Frysk
Gepraat in: Vlag van Nederland Nederland 
Gebied: Frisian flag.svg Friesland
Flag Groningen.svg Groningen
Totale sprekers: 467 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Anglo-Fries
    Fries
     Wes-Fries 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Nederland Nederland
Gereguleer deur: Fryske Akademie
Taalkodes
ISO 639-1: fy
ISO 639-2: fry
ISO 639-3: fry 
Huidige verspreiding van Fries: ██ Wes-Fries ██ Noord-Fries ██ Saterland-Fries
Tweetalige padtekens in Friesland

Wes-Fries of Westerlauwers Fries ((Westerlauwersk) Frysk, Nederlands: (Westerlauwers) Fries) is 'n Wes-Germaanse taal en saam met Nederlands die amptelike taal van Friesland (Fryslân). Dit word deur 467 000 mense hoofsaaklik in die Nederlandse provinsies Friesland asook in Groningen gepraat. Die naam Westerlauwers Fries is afgelei van die historiese taalgrens langs die Lauwers-rivier in noordelike Nederland, wat dié taal van Oos-Fries geskei het, en vandag die grens van die twee provinsies Friesland en Groningen vorm.

Die naaste tale, wat nou aan Wes-Fries verwant is, is Noord- en Oos-Fries (hede net Saterland-Fries), wat uit Ou-Fries ontstaan het. Die naaste verwante tale is Engels en Skots, wat saam met die Friese tale die Anglo-Friese tale vorm.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Wes-Fries
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale
Noord-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Nynorsk en Bokmål (Noors) | Sweeds | Yslands
Wes-Germaanse tale:
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands | Nedersaksies | Skots
Oos-Germaanse tale:
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†)