Gewone nagreier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone nagreier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ardeidae
Genus: Nycticorax
Spesie: N. nycticorax
Binomiale naam
Nycticorax nycticorax
Linnaeus, 1758

Die gewone nagreier is 'n algemene standvoël en besoeker. Die wetenskaplike naam beteken "nagraaf", en verwys na die spesie se nagtelike gewoontes en die skor kraaiagtige geluid wat dit uiter.

Identifikasie[wysig]

Dit is 'n bonkige reier met 'n kort nek. 'n Volwassene het 'n kenmerkende swart mus en rug wat by sy wit en grys vlerke en onderkant afsteek. Die agterkoppluime ontbreek soms. Alhoewel volwasse nagreiers na grootrietreiers lyk, verskil die jong voëls deurdat hulle kleiner is, oranje oë het en wit kolle aan die punte van die rugvere het. Volwasse voëls het 'n algemene lengte van 56 cm.

Habitat[wysig]

Kom een-een, in pare of in groepíes langs stil rivierlope, damme en strandmere voor. Skuil bedags in bome of tussen oewerplantegroei. Soms is tot 18 voëls by mekaar te síen. Kom teen laat namiddag te voorskyn. Jag veral snags deur stil te staan aan die waterkant. Hulle vang klein vissies, garnale, paddas, klein waterdiertjies en klein soogdiertjies. Gedurende die dag rus hulle in die bosse of struike.

Die broeigebiede is vars- en soutwatervleilande oor groot gedeeltes van Noord-Amerika, Europa, Asië, en Afrika. Hulle maak nes in kolonies op platvorms van stokke in boomplate of op die grond in beskermde plekke soos eilande of rietbeddings, en lê 3 tot 8 eiers.

Verspreiding[wysig]

Buite die nesmaaktyd is hulle nomadies. Die Noord-Amerikaanse groep, N. n. hoactli, oorwinter in Meksiko, die Suidwestelike Verenigde State, Sentraal-Amerika en die Wes-Indiese Eilande. Die ander groep, N. n. nycticorax, oorwinter in tropiese Afrika, en die suidelike Asië. In die Amerikas kan N. n. nycticorax tot sover as Patagonië gevind word.

Geluid[wysig]

'n Skor, kraaiagtige gekras.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]