Gill Marcus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gill Marcus

9de president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
November 2009
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Tito Mboweni
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte 10 Augustus 1949
Johannesburg

Gill Marcus (gebore 10 Augustus 1949) is vanaf November 2009 die negende president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Sy is die eerste vrou wat die pos beklee.[1]

Biografie[wysig]

Vroeë jare[wysig]

Marcus is in Johannesburg in Suid-Afrika gebore.[2][3] Haar ouma en oupa was Joodse immigrante vanaf Litaue. Albei haar ouers is egter in Suid-Afrika gebore.[4]

Ballingskap[wysig]

Haar ouers was anti-apartheidsaktiviste en lede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Hulle het in 1969 in ballingskap gegaan en hulle kinders, Marcus en haar twee susters en 'n broer, saamgeneem. Sy het 'n graad deur middel van korrespondensie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf.[3] Sy het ook self by die SAKP en die ANC aangesluit. In 1970 het sy in Londen vir die verbande ANC se Departement van Inligting en Publisiteit (DIP) begin werk en is tot adjunk-sekretaris bevorder.

Terugkeer[wysig]

In 1990 keer sy na Suid-Afrika terug, nadat die ANC ontban is.[5]

Sy word in 1994 verkies tot Lid van die Parlement en word as die Adjunk-Minister van Finansies onder Trevor Manuel in Nelson Mandela se die Regering van Nasionale Eenheid aangestel.[6] In 1999 is sy as vise-president van die Reserwebank aangestel onder Tito Mboweni. Sy het die pos vir vyf jaar beklee waarna haar kontrak nie hernu is nie omdat sy nie met Mboweni oor die weg kon kom nie.[3][7]

Daarna is sy as buitengewone professor aan die Gordon Institute of Business Science (Gibs) aangestel. Sy het die sakewêreld betree en as voorsitter van die myngroep Western Areas en later as nie-uitvoerende direkteur van Gold Fields gewerk. In 2007 volg sy Danie Cronjé op as hoof van die ABSA-groep en ABSA-bank[3]

In Julie 2009 kondig pres. Jacob Zuma aan dat sy Mboweni as president van die Reserwebank sal opvolg. Die aanstelling is deur ekonome en vakbonde verwelkom.[8]

Verwysings[wysig]

  1. "Gill Marcus appointment widely welcomed", SAPA, 2009-07-20.
  2. Profile: Ms Gill Marcus”. 24.com. URL besoek op 2009-07-21.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Hamlyn, Michael, "Meet Gill Marcus", News24, 2009-07-20.
  4. Shain, Milton and Pimstone, Miriam. “Gill Marcus”. Jewish Women's Archive.
  5. Mbeki, Thabo (1999-04-30). “Statement by acting president Thabo Mbeki on the appointment of Gill Marcus to the Reserve Bank”. Kantoor van die President.
  6. Statement of President Nelson Mandela at the National Assembly”. Suid-Afrikaanse regering: 1996-03-28.
  7. "Marcus returns to replace Mboweni", The Times, 2009-07-20.
  8. "Gill Marcus new Governor of S Africa's Reserve Bank", Yahoo, 2009-07-19.
Voorafgegaan deur:
Tito Mboweni
President van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
November 2009 – nou
Opgevolg deur:
-