Trevor Manuel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Trevor Andrew Manuel
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gebore 21 Januarie 1956
Kensington, Kaapstad, Suid-Afrika
Titel Voorsitter van Nasionale Beplanningskommissie, gewese Minister van Finansies (MvF)
Voorganger Chris Liebenberg (MvF)
Opvolger Pravin Gordhan (MvF)
Politieke party ANC
Huweliksmaat Maria Ramos‎

Trevor Andrew Manuel (gebore 31 Januarie 1956) is tans voorsitter van Suid-Afrika se Nasionale Beplanningskommissie. Tussen 1996 en 2009 het hy die pos van Minister van Finansies beklee wat hom in 2009 die langste dienende minister in die pos gemaak het.

Vroeëre lewe[wysig]

Mnr. Manual was in Kensington, Kaapstad as die kind van 'n staatsamptenaar gebore, waar hy opgegroei en skoolgegaan het. Hy matrikuleer in 1973 en studeer Siviele en Strukturele Ingenieurswese, en later — gedurende sy gevangeskap — ook regte.

Publieke lewe[wysig]

Manuel betree die publieke lewe in 1981 as Algemene Sekretaris van die Behuising-aksiekomitee vir die Kaap-area, waarna hy 'n lid van die UDF se Nasionale Uitvoerende Raad word.

In September 1985 was Manuel gevangene geneem waarna hy tot 31 Augustus 1990 verban is. Manuel se verbanning word egter op 25 Maart 1986 tersyde gestel na 'n uitspraak dat dit teenstrydig met die Interne Sekuriteitswet is. Op 15 Augustus 1986 word Manuel weer inhegtenis geneem en vir twee jaar tot September 1988 onder die noodmaatreëls aangehou. Hy was vrygelaat met streng beperkings, maar is kort daarna weer in September 1988 inhegtenis geneem, die keer tot Februarie 1989.

Post-apartheid[wysig]

Na die ontbanning van die ANC was Manuel aangestel as adjunk-koördineerder van die Wes-kaap. Tydens die ANC se eerste streekskonferensie in 1990 word Manuel as Sekretaris van Publisiteit verkies.

By die ANC se 1991 nasionale konferensie was Manual verkies tot die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee. In 1992 word Manuel hoof van die ANC se Departement van Ekonomiese Beplanning. Hy word as 'n ANC-parlementslid in 1994 verkies, en word deur President Nelson Mandela aangestel as Minister van Handel en Industrie, en in 1996 as Minister van Finansies.

Die "World Economic Forum" vereer Manuel as 'n "Leader for Tomorrow" in 1994. Hy ontvang ook verskeie internasionale toekennings en erkennings vir wat hy vermag het.

Bedanking en heraanstelling[wysig]

Op 23 September 2008 bedank Trevor Manuel as die Minister van Finansies saam met 'n aantal ander kabinetslede nadat Thabo Mbeki bedank het, wat tot ontstuimige markte gelei het. Hy gee egter te kenne dat hy bereid is om onder die volgende president te dien en probeer om die markte te kalmeer[1]. Hy behou sy pos as lid van Kgalema Motlanthe sy nuwe kabinet wat op 25 September 2008 aangekondig is[2].

Verwysings[wysig]

  1. "Confusion rattles markets", Sapa (IOL), 23 September 2008.
  2. "SA se nuwe kabinet", IOL, 25 September 2008.

Eksterne skakels[wysig]