Herbert Kitchener

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Horatio Herbert Kitchener
24 Junie 1850 – 5 Junie 1916 (65 jaar oud)
Herbert Kitchener
Geboorteplek Ballylongford, County Kerry, Ierland
Plek van afsterwe HMS Hampshire, wes van die Orkney-eilande, Skotland
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Flag of the British Army.svg Britse leër
Jare in diens 1871–1916
Rang Veldmaarskalk
Veldslae/oorloë Frans-Duitse Oorlog
Mahdiste-opstand
  • Slag van Ferkeh
  • Slag van Atbara
  • Slag van Omdoerman

Tweede Vryheidsoorlog

Eerste Wêreldoorlog

Toekennings Knight of the Garter
Knight of the Order of St Patrick
Knight Grand Cross of the Order of the Bath
Member of the Order of Merit
Knight Grand Commander of the Order of the Star of India
Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George
Knight Grand Commander of the Order of the Indian Empire
Ander werk Britse Konsul-generaal in Egipte (1911–1914)
Britse Staatssekretaris vir Oorlog (1914–1916)

Horatio Herbert Kitchener (24 Junie 1850, Ballylongford, County Kerry, Ierland - 5 Junie 1916) was 'n Britse soldaat. Hy is in 1850 naby Ballylongford, Kerry, Ierland gebore. Kitchener was berug vir sy Verskroeideaardebeleid gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. Hy was die Minister van Oorlog tydens die Eerste Wêreldoorlog.

Vroeë Loopbaan[wysig]

Hy sluit aan by die Royal Engineers by die Militêre Akedemie, Woolwich in 1867. Sy militêre loopbaan begin in erns in 1882 in Egipte en Soedan. In 1886 word hy aangestel as Goewerneur-generaal van die Oostelike Soedan en in 1892 as opperbevelvoerder van die Egiptiese magte. In 1898 behaal hy 'n oorwinning oor die Soedan.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

Hy word aangestel as stafhoof vir Lord Roberts in 1899 in Suid-Afrika en in 1900 volg hy lord Roberts op en word aangestel as opperbevelvoerder in Suid-Afrika. Hy begin die Verskroeideaardebeleid en ook die blokhuisstelsel. Na baie terugslae wen hy die oorlog met die Vrede van Vereeniging in 1902.

Eerste Wêreldoorlog[wysig]

Hy word aangestel as die Minister van Oorlog in 1914 en werf 3,000,000 vrywillige manskappe voordat verpligte diensplig ingestel word. Hy sterf in 1916 tydens 'n besoek na Rusland toe die HMS Hampshire 'n seemyn tref en sink, noord van Skotland.

Bron[wysig]