Rooisee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Rooi See)
Spring na: navigasie, soek
Kaart van die Rooi See.

Die Rooisee (Arabies: البحر الأحمر, al-Bahr al-ahmar of الخليج العربي, Arabiese Golf; Hebreeus: 'ים סוף, Yam Suf; Tigrinya: ቀይሕ ባሕሪ, QeyH baHri, Latyn: Maris Erythraei) is 'n see tussen Noordoos-Afrika en die Midde-Ooste. Dit is 2 240 km lank, tot 2 604 m diep en het 'n oppervlakte van ongeveer 200 000 km2. Die Griekse naam is Ἐρυθρὰ θάλασσα, wat Eritreïese See beteken en die antieke naam is.[1])

Daar is agt lande aan die Rooisee geleë, naamlik Egipte (oor die Golf van Suez), Israel (die Golf van Eilat), Jordanië (die Golf van Akaba), Saoedi-Arabië, Jemen, Djiboeti (Bab-el-Mandeb), Eritrea en Soedan. Die see word deur die Golf van Akaba en die Suezkanaal met die Middellandse See en deur die Golf van Aden met die Indiese Oseaan verbind.

Aan die noordekant verdeel die Rooisee in twee om die Sinai-skiereiland; in die weste is die Golf van Suez en in die ooste die Golf van Akaba.

In die Rooisee kan 'n mens snorkel en skubaduik.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Lionel Casson: The Periplus Maris Erythraei: text, translation, and commentary Princeton University Press, Princeton 1989. bl. 41.