Indus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
सिन्धु - دریائے سندھ, Daryā-e Sindh - سنڌو, Sindhu - سندھ, Sindh - Nilau, Ab-e-sind - نهر السند, Al-Sind - སེང་གེ།་གཙང་པོ - 森格藏布/狮泉河/印度河 - Ινδός, Indós - Indus Nehri
Die Indus in Skardu, Indië.
Die Indus in Skardu, Indië.
Indus river.svg
Die stroomgebied van die Indus.
Oorsprong Sênggêkanbab in die Transhimalaja (Volksrepubliek van Sjina)
Monding naby Sindh, Pakistan, in die Arabiese See
Indiese Oseaan
Gebied waardeur dit vloei Volksrepubliek van Sjina, Indië en Pakistan
Lengte 3 200 km (2 000 myl)
Oorsprong hoogte 5 300 m (17 389 voet)
Monding-hoogte 0 m
Gemiddelde afloop 6 600 m³/s (230 000 ft³/s)
Stroomgebiedoppervlakte 1 165 000 km² (450 000 myl²)

Die Indus (Sanskrit: सिन्धु; Oerdoe: دریائے سندھ, Daryā-e Sindh; Sindhi: سنڌو Sindhu; Punjabi: سندھ Sindh; Persies: Nilau "blou water" en Ab-e-sind "water van Sindh"; Arabies: نهر السند, Al-Sind; Tibeties: སེང་གེ།་གཙང་པོ; Sjinees: 森格藏布/狮泉河/印度河; Grieks: Ινδός Indós; Turks: Indus Nehri) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Asië. Die rivier, met 'n lengte van 3 200 km (2 000 myl), is die langste rivier in Suid-Asië en mond uit in die Arabiese See.

Die Indus vloei deur die volgende lande: Volksrepubliek van Sjina, Indië en Pakistan, asook deur die volgende stad: Hyderabad.

Die Indus is die belangrikste rivier van Pakistan en word as lewenslyn van die land beskou. Die rivier is veraal bekend vir die antieke Indus-kultuur en as grenslyn van die groot ryk van Alexander die Grote. Ná die Indus is die subkontinent Indië vernoem.