Intel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Intel Corporation
Intel-logo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 18 Julie 1968
Hoofkantoor Santa Clara, Kalifornië[1], Verenigde State
Sleutelpersone Andy Bryant (hoof uitvoerende beampte)
Brian Krzanich (voorsitter van die Raad)
Renée James (president)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Halfgeleier
Produkte Bluetooth chipsets, geheue, mikroverwerkers, moederbord chipsets, netwerk-koppelvlak-kaarte
Inkomste $52,70 miljard[2] (2013)
Bedryfsinkomste $12,29 miljard[2] (2013)
Netto inkomste $9,62 miljard[2] (2013)
Werknemers 105 000[3] (2012)
Webwerf intel.com

Intel is 'n VSA-gebaseerde multinasionale korporasie wat bekend is vir die ontwerp en vervaardiging van mikroverwerkers en spesialiseer in geintegreerde stroombane. Intel vervaardig ook netwerkkaarte, moederborde, en ander rekenaarkomponente.

'n Intel Pentium MMX-mikroverwerker.

Die maatskappy is gestig in 1968 deur Gordon E. Moore en Robert Noyce. Die vierde werknemer was Andrew Grove, wat die maatskappy bestuur het vanaf sy aankoms in 1960 tot sy aftrede in 1990, en dit gebou het tot een van die grootste en suksesvolste besighede in die wêreld.

Moore en Noyce wou die maatskappy 'Moore Noyce' noem, maar die naam was reeds geneem deur 'n hotelgroep, en het besluit op die akroniem INTegrated ELectronics.

Die maatskappy het begin as 'n vervaardiger van geheue voordat hulle oorgeskakel het na verwerkers. Andrew Grove het hierdie oorgang beskryf in die boek Only the Paranoid Survive.

Gedurende die 1990s was Intel se Intel Architecture Labs (IAL) verantwoordelik vir baie van die nuwighede op die terrein van Persoonlike Rekenaar-hardeware, onder andere die PCI-bus, Universal Serial Bus (USB) en die tans-dominerende argitektuur vir multi-verwerker-bedieners. IAL se sagteware het gemengde sukses gehad; hulle video- en grafikasagteware was belangrik vir die ontwikkeling van sagteware-gedrewe digitale video, maar hulle pogings is later hoofsaaklik oorskadu deur kompetisie van Microsoft. Hierdie stryd tussen Intel en Microsoft het aan die lig gekom in getuienis by die Microsoft antitrust-verhoor.

Intel se oorheersing in die x86-mikroverwerkermark het oor die jare tot verskeie aanklagte van antitrust-oortredings gelei, waaronder FTC-ondersoeke in beide die laat 1980s en in 1999, asook siviele regsgedinge soos die hofsaak deur Digital Equipment Corporation (DEC) in 1997 en 'n patentsaak deur Intergraph. Min van die hofsake het op enigiets uitgekom.

Die enigste groot mededinger vir Intel in die x86-verwerkermark is Advanced Micro Devices (AMD), met wie Intel ooreenkomste vir kruis-lisensiëring het sedert 1976: hulle kan mekaar se gepatenteerde tegnologiese uitvindings gratis gebruik. Kleiner mededingers bestaan, soos Transmeta wat verwerkers vir draagbare toerusting vervaardig wat min krag gebruik.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Intel Corporation Company Profile, besoek op 14 April 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) Intel Financial Statements”. U.S. Securities and Exchange Commission.
  3. (en) Employees”. 2012 Annual Report. Intel. URL besoek op 14 April 2014.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Intel (kategorie)