Internasionale Lughawe Wnoekowo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Internasionale Lughawe Wnoekowo
Международный Аэропорт Внуково
Vnukovo airport under renovation aerial view.JPG
Die Wnoekowo-lughawe in 2008, toe dit gerestoureer is
Vko international.jpg
IATA: VKOICAO: UUWW
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur JSC "Vnukovo Airport"
Bedien Moskou
Ligging Moskou, Rusland
Spil vir
  • Gazpromavia
  • I-Fly
  • Red Wings Airlines
  • Transaero Airlines
  • UTair Aviation
  • Yakutia Airlines
Hoogte bo seevlak 209 m / 686 vt
Webtuiste Wnoekowo
Landkaart
UUWW is geleë in Moskou-oblast
UUWW
Ligging binne die Moskou-oblast
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
06/24 3,000 9,842 Beton
01/19 3,060 10,039 Beton
Statistieke (2013)
Passasiers 11,175,100
Lugbewegings 163,600
Bron: "DAFIF"

Die Internasionale Lughawe Wnoekowo (Russies: Международный аэропорт Внуково) is ’n internasionale lughawe 28 km suidwes van die middestad van Moskou, Rusland. Dit is saam met Domodedowo en Sjeremetjewo een van die hooflughawens van Moskou. In 2013 het dit 11,175 miljoen passasiers hanteer, wat sowat 18% meer is as die 9,46 miljoen van 2010.[1] Dit is die derde besigste lughawe in Rusland.

Wnoekowo is tydens die Tweede Wêreldoorlog in gebruik geneem vir militêre operasies, maar het ná die oorlog ’n burgerlike lughawe geword.

Geskiedenis[wysig]

Die destydse Amerikaanse president Ronald Reagan in 1988 op Wnoekowo.

Wnoekowo is die oudste van Moskou se lughawens wat nog gebruik word. Die Sowjet-regering het die bou daarvan in 1937 goedgekeur en dit is op 1 Julie 1941 in gebruik geneem. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het dit as ’n militêre basis gedien; passasiersvlugte is ná die oorlog begin.

In 1980 is die lughawe vergroot vir die 1980 Olimpiese Somerspele. In 1993 het Wnoekowo ’n naamlose vennootskap geword. ’n Groot herbouprogram is in laat 2003 begin. In April 2004 is ’n nuwe Terminaal B in gebruik geneem. Dit hanteer tans internasionale passasiers, maar sal later verander word in ’n binnelandse terminaal. Dit kan 4 miljoen passasiers per jaar hanteer.

In Augustus 2005 is ’n Aeroexpress-spoowegverbinding met die Kijefski-spoorwegterminaal daargestel en in Desember 2010 is ’n nuwe Terminaal A in gebruik geneem.

Kapasiteit en uitbreiding[wysig]

Die Aeroexpress-stasie by Wnoekowo.

Van die drie Moskouse lughawens is Wnoekowo die hoogste bo seespieël en in mistige weer dien dit dikwels as alternatiewe lughawe.[2] Dit kan ’n maksimum van 3 000 passasiers per uur hanteer. In 2008 het byna 8 miljoen passasiers dit gebruik, wat ’n toename van 16,7% in 2007 was.[1]

’n Voorgestelde ontwikkelingsprogram sal tot 2015 duur en is daarop gemik om Wnoekowo in ’n hoogs mededingende fasiliteit van internasionale betekenis te verander.

Vervoer[wysig]

Die Aeroexpress-terminaal verbind die lughawe met die Kijefski-spoorwegterminaal in die middestad van Moskou. Die reis duur sowat 35 minute.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]