Jakhalsdans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jakhalsdans
Regisseur Darrell Roodt
Produksieleier Shaun Goetsch
Geskryf deur Draaiboek:
Deon Meyer
Met Theuns Jordaan
Neil Sandilands
Elizma Theron
Christina Storm
Janke Bruwer
Musiek deur Anton L'Amour
Kinematografie Andrew Tolmay
Redigeerder Ronelle Loots
Ateljee Makadi Entertainment[1]
Welela Studios[1]
Verspreider Indigenous Film Distribution[1]
Vrystelling 2010
Speeltyd 93 minute
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Amptelike webtuiste
IMDb-profiel

Jakhalsdans is 'n vollengte Afrikaanse rolprent met Engelse onderskrifte wat op Loxton geskiet is en op 23 April 2010 in teaters begin draai het. Die regisseur is die Oscar-benoemde Darrell Roodt.

Die première van die rolprent is vir die eerste keer op 27 Februarie 2010 op die gelyknamige plaas Jakhalsdans net buite Loxton vertoon. Geld wat tydens die première ingesamel is, is ten bate van die dorp se skool en kinders aangewend.[2]

Jakhalsdans word as die eerste volwaardige Afrikaanse liefdesfliek in 15 jaar sedert Die Storie van Klara Viljee beskryf. Die rolprent het in die eerste week na uitreiking R1,7 miljoen verdien met 43 000 mense wat in teaters daarna gaan kyk het.[3]

Genre[wysig]

Die rolprent is 'n romantiese drama. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding).

Hoofrolspelers[wysig]

Storielyn[wysig]

'n Jong onderwyseres kom agter dat almal op die dorp nie ewe vriendelik is nie. Dan kom die skok, die skool moet sluit as gevolg van onvoldoende befondsing. Daar word naarstiglik na oplossings gesoek. Uiteindelik word op 'n konsert besluit. Dit kom aan die lig dat die dorp se ongeskikte kluisenaar 'n beroemde sanger is en moontlik die enigste persoon is wat kan help.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 Kontakte”. (html) jakhalsdansmovie.co.za. URL besoek op 21 April 2010.
  2. Elizma Theron oor haar en Theuns se nuwe fliek, Sarie, Oktober 2009.
  3. Nuwe plaaslike rolprent laat die geld inrol, Nuus24, URL besoek op 9 Mei 2010.

Eksterne skakels[wysig]