Jeugdag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wêreld Jeugdag in Rome, 2010.
Wêreld Jeugdag in 2005 in Sydney, Australië.

Jeugdag is 'n dag wat die jeug van 'n land gedenk. In sommige lande, soos Suid-Afrika, is jeugdag ook 'n nasionale openbare vakansiedag.

Internasionaal[wysig]

Internasionale Jeugdag word op 12 Augustus gevier. Die dag word amptelik deur die Verenigde Nasies erken (resolusie 54/120 van 1999).

Suid-Afrika[wysig]

In Suid-Afrika word Jeugdag op 16 Junie gedenk ter nagedagtenis aan die 1976 Skoliereopstand in Soweto. Swart skoliere het in opstand gekom teen 'n regeringsbesluit dat beide Afrikaans en Engels op 'n 50-50 basis as voertale in die Bantoe-onderwys gebruik moet word.

Vroeër was die onderwysdepartement nie landwyd eenvormig van toepassing soos vandag in Suid-Afrika nie. Elke provinsie (die Kaapprovinsie, Oranje-Vrystaat, Transvaal en Natal) het sy eie onderwysstelsel en kurrikulum gehad. Afrikaans en Engels as taalmedium in swart skole sou slegs in die Noord-Transvaalse gebied vanaf Januarie 1975 toegepas word in Standerd 5 (vandag graad 7) en nie regoor die Republiek van Suid-Afrika of sy protektoraat, Suidwes-Afrika (vandag Namibië) nie. In 1976 sou die sekondêre skole van die Noord-Transvaal voortgaan om hierdie stelsel deur te voer.[1]

Die vakke wat in Engels aangebied sou word is Algemene Wetenskap en die praktiese vakke (Huishoudkunde, Naald-, Hout-, Metaalwerk, Kuns en Landboukunde), terwyl Afrikaans as medium gebruik sou word in Wiskunde, Rekenkunde en Sosiale Wetenskappe. Die moedertaal van die swart leerlinge sou as medium gebruik word tydens Godsdiens, Musiek en Kultuur.[2]

Ander besware was die swak toestand van die skole en die tekort aan handboeke. Verskeie kinders is gedood of beseer nadat die Polisiemag op hulle losgebrand het om die skare in toom te hou. Dit het weer tot verdere opstande regoor die land gelei waarin 600 mense gesterf het.[3]

Verenigde State van Amerika[wysig]

Die VSA vier Jeugdag op 28 Februarie.

Ander jeugdae[wysig]

Die Rooms Katolieke Kerk vier Wêreldjeugdag sedert 1984, toe dit deur Pous Johannes Paulus II ingestel was.

Verwysings[wysig]

  1. The Afrikaans Medium Decree
  2. The Afrikaans Medium Decree
  3. Uys, Isabel. 2007. Feitegids: 'n Kernensiklopedie. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. bl. 306

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wêreld Jeugdag (kategorie)