Königs Wusterhausen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Königs Wusterhausen
Koenigs Wusterhausen Schloss.jpg

Kaart Wapen
Königs Wusterhausen in LDS.png
Wappen Koenigs Wusterhausen.png
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Flag of Brandenburg.svg Brandenburg
 Distrik Dahme-Spreewald
 Koördinate 52°18′N 13°38′O
 Stigting 1375 (eerste verwysing)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 95,83 vk km
 Hoogte bo seevlak 36 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2009) 33 981[1]
 - Bevolkingsdigtheid 355 /vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 Burgemeester Lutz Franzke (SPD)
 Amptelike Webwerf koenigs-wusterhausen.de

Königs Wusterhausen (tot 1718 Wendisch Wusterhausen, Neder-Sorbies: Parsk) is 'n stad in die distrik Dahme-Spreewald van die Duitse deelstaat Brandenburg met 'n oppervlakte van 95,83 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 34 000 (31 Desember 2010). Die stad is veral bekend vir die kasteel Königs Wusterhausen met die Tabakskollegium van Frederik I van Pruise in die 18de eeu, die uitvinding van die draadlose telekommunikasie op die Funkerberg en in die stadsdeel Zeesen op 22 Desember 1920 en as spoorwegknooppunt in die suidooste van Berlyn met direkte verbindings na Berlyn, Cottbus, Frankfurt (Oder), Rathenow en Senftenberg.

Die stad bestaan uit die sewe stadsdele Königs Wusterhausen met Deutsch Wusterhausen (sedert 1 Januarie 1974) en Neue Mühle (1898), Diepensee (29 Februarie 2004), Kablow (26 Oktober 2003), Niederlehme met Ziegenhals (26 Oktober 2003), Senzig met Bindowbrück en Siedlung Waldesruh (26 Oktober 2003), Wernsdorf met Ziegenhals (26 Oktober 2003), Zeesen met Körbiskrug, Am Steinberg, Neu Kamerun, Steinbergsiedlung, Bürgerswalde (26 Oktober 2003) en Zernsdorf met Kablow-Ziegelei en Uckley (26 Oktober 2003).[2]

Königs Wusterhausen lê in die suidooste van Berlyn en grens in die noordooste aan Gosen-Neu Zittau en Spreenhagen, in die suidooste aan Heidesee, in die suide aan Bestensee, in die suidweste aan Mittenwalde, in die weste aan Wildau en Zeuthen en in die noordweste aan Schönefeld (veral bekend vir die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe).

Susterstede[wysig]

Königs Wusterhausen het die volgende Susterstede[3]:

Verwysings[wysig]

Bronne[wysig]

  • Heinz Borchert, Gerhard H. Damm: Geschichten aus Königs Wusterhausen. Heimat-Archiv. Sutton Verlag, Erfurt 2005, ISBN 3-89702-840-9
  • Vesa Elbe (Red.): Königs Wusterhausen. Spaziergänge in die Umgebung. Herausgegeben vom Landratsamt Königs Wusterhausen. ERLO Verlagsgesellschaft, Königs Wusterhausen 1993.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: