Kompanjiestuin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Toneel in die Kompanjiestuin
'n Eekhoring in die Kompanjiestuin

Die Kompanjiestuin in die sentrum van Kaapstad is die oudste openbare tuin in Suid-Afrika. Dit is amptelik in 1652 deur Hollandse soetelaars gestig met die doel om voedsel te lewer, maar is 160 jaar gelede aan die publiek vir vrye besoek oopgestel. Bykomend tot die rusbanke onder die reuse bome, sluit die Kompanjiestuin se besienswaardige bates verskeie histories en botanies waardevolle bome, 'n roostuin, 'n kruietuin, 'n visdam, 'n voëlhok, en 'n teehuis in. Van historiese belang is die Dellville Wood-gedenktuin, wat die lewensverlies van duisende Suid-Afrikaanse soldate gedurende die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk herdenk. Die Kompanjiestuin is 'n gewilde oord waar opvoedkundige en kulturele gebeurtenisse gehou word, en staan ook bekend as 'n bestemming waar troufoto's geneem word.