Koninkryk van Holland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koningrijk Holland
Royaume de Hollande

Koninkryk van Holland
Flag of the Batavian Republic.svg
1806 – 1810
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Holland
Ligging van die Koninkryk van Holland
Hoofstad Den Haag (1806-1808)
Utrecht (1808)
Amsterdam (1808-1810)
Taal/Tale Nederlands, Frans
Godsdiens Protestantisme, Rooms-Katolieke Kerk
Regering Monargie
Koning Lodewyk Napoleon
Historiese tydperk Eerste Franse Keiserryk
 - Benoeming van Lodewyk Napoleon tot koning 5 Junie 1806
 - Anneksasie deur Frankryk 9 Julie 1810
Oppervlakte
 - 1795 48 000 km2
18 533 sq mi
Bevolking
 - 1795 skatting 2 000 000 
     Digtheid 41,7 /km² 
107,9 /sq mi
Geldeenheid Gulden

Die Koninkryk van Holland (1806 - 1810) (Nederlands: Koninkrijk Holland, Frans: Royaume de Hollande) was 'n marjonetkoninkryk wat deur Napoleon Bonaparte vir sy broer Louis Bonaparte geskep is om beter beheer oor Nederland uit te oefen. Die naam van die voorste Nederlandse provinsie, Holland, is vir die hele land gebruik. In 1807 is die Pruissiese Oos-Friesland en Jever by die koninkryk gevoeg, maar na na die Engelse inval in 1809 moes Holland al die grond suid van die Rynrivier aan Frankryk terug gee.

Koning Lodewyk het nie volgens Napoleon se verwagtinge presteer nie en het probeer om Nederlandse belange te akkomodeer eerder as sy broer s'n. Die koninkryk is in 1810 ontbind waarna Nederland deur Frankryk geannekseer is tot 1813. Die Koninkryk van Holland het rofweg ooreengekom met die gebied wat deur vandag se Nederland gedek word, behalwe vir Limburg, en dele van Zeeland, wat Franse gebied was en Oos-Friesland wat vandag deel is van Duitsland.[1]

Verwysings[wysig]

  1. [1], Besoek op 7 Julie 2007