Leeu-Gamka

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leeu-Gamka
Ligging van Leeu-Gamka op 'n kaart (Wes-Kaap)
Leeu-Gamka
Leeu-Gamka
Koördinate: 32°46′25″S 21°58′49″O Koördinate: 32°46′25″S 21°58′49″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Sentraal Karoo
Plaaslike Munisipaliteit Prins Albert
Oppervlak
 - Nedersetting 11,5 km²  (4,4 vk m)
Hoogte 552 m (1 811 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Nedersetting 2 727
 - Digtheid 240/km² (621,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6950
Skakelkode(s) 023
Die NG kerk op Leeu-Gamka, gebou in 1922.
Ds DJ le R Marchand van die NG gemeente Prins Albert, het die hoeksteen op 7 Junie 1922 gelê. Sedert die bou van die nuwe kerk gebruik die gemeente dit as 'n saal.

Leeu-Gamka is 'n nedersetting in die Karoo langs die N1 nasionale pad, suidwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp het ongeveer 2 700 inwoners in 2011 gehad.

Dit was vroeër bekend as "Bitter Water" en 'n gewilde aandoenplek vir reisigers na die Noorde, aangesien dit een van die min plekke in die omgewing was wat drinkbare water gehad het. In 1879 is 'n klipgeboustasie met ’n lae platform opgerig en is dit herdoop na "Fraserburgweg". Die eerste kerk en skool is in 1896 gebou en 'n hotel in 1898. Gedurende die Anglo-Boereoorlog is die hotel en van die ander geboue as 'n hospitaal gebruik deur die Britse magte.

In die 1940's is die naam na Leeu-Gamka verander na aanleiding van die Leeu- en die Gamkariviere wat naby die dorp verbyloop. Die naam is saamgestel uit Afrikaans "leeu" en Khoi -gam- ‘leeu’ met -ka wat op ’n suigklank dui; dit is dus ’n verdubbeling van betekenis: ‘leeu-leeu’.

Die laaste van die uitgestorwe Kaapse leeus is vermoedelik naby Leeu-Gamka in 1842 doodgeskiet.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Som van die Hoofplekke Bitterwater en Leeu-Gamka