Provinsies van Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsiale grense (2009)

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

  1. Wes-Kaap (Kaapstad)
  2. Noord-Kaap (Kimberley)
  3. Oos-Kaap (Bhisho)
  4. KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
  5. Vrystaat (Bloemfontein)
  6. Noordwes (Mahikeng)
  7. Gauteng (Johannesburg)
  8. Mpumalanga (Nelspruit[1])
  9. Limpopo (Polokwane[2])

Grense[wysig]

Die grense van al die provinsies behalwe die Wes-Kaap en Vrystaat is deur die 12de wysiging van die Suid-Afrikaanse grondwet verander in Desember 2005. Die grootste verandering is tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap (Matatiele), Gauteng en Noordwes (Khutsong) en Limpopo en Mpumalanga (Sekhukhuniland).

Bevolking[wysig]

Volgens die 2001-sensus is die bevolking van die provinsies soos volg:

Provinsie Bevolking %
KwaZulu-Natal 9 584 116 21%
Gauteng 9 180 242 20%
Oos-Kaap 6 278 643 14%
Limpopo 4 994 493 11%
Wes-Kaap 4 524 299 10%
Mpumalanga 3 368 649 8%
Noordwes 3 198 140 7%
Vrystaat 2 706 757 6%
Noord-Kaap 984 265 2%
Totaal 44 819 604 100%

Verwysings[wysig]

  1. Die stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela
  2. Voorheen bekend as Pietersburg