Leonhard Euler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leonhard Euler

Leonhard Paul Euler (IFA: [ˈɔʏlɐ]; 15 April 170718 September [O.S. 7 September] 1783) was 'n baanbrekende Switserse wiskundige en fisikus, wat die grootste deel van sy lewe in Rusland en Duitsland deurgebring het.

Euler het belangrike ontdekkings in wyduiteenlopende soos analise en grafiekteorie gemaak. Hy het ook baie moderne wiskundige terminologie en notasie ingevoer, veral vir wiskundige analise, soos die konsep van 'n wiksundige funksie.[1] Hy is ook bekend vir sy werk in meganika, optika, en sterrekunde.

Euler word beskou as die vernaamste wiskundige van die 18de eeu en een van die grootste van alle tye. Hy was ook een van die mees produktiewe; sy versameling beslaan 60–80 kwartovolumes.[2] 'n Stelling wat toegeskryf word aan Pierre-Simon Laplace druk Euler se invloed op wiskunde as volg uit: "Lees Euler, lees Euler, hy is die meester [i.e., onderwyser] van ons almal."[3]

Euler is op die sesde reeks van die Switserse 10-frank banknoot en talle Switserse, Duitse, en Russiese posseëls uitgebeeld. Die asteroïde 2002 Euler is ter ere van hom vernoem. Hy is word ook deur die Lutherse Kerk volgens hulle Kalender van Beskermheiliges op 24 Mei gedenk.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Dunham, William (1999). Euler: The Master of Us All. The Mathematical Association of America, 17. 
  2. Finkel, B.F. (1897). “Biography- Leonard Euler”. The American Mathematical Monthly 4 (12): 300.
  3. Dunham, William (1999). Euler: The Master of Us All. The Mathematical Association of America, xiii. “Lisez Euler, lisez Euler, c'est notre maître à tous.”