Lindiwe Mazibuko

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lindiwe Mazibuko
Lindiwe Mazibuko

Parlementêre leier van die DA
Ampstermyn
27 Oktober 2011 – 6 Mei 2014
Voorafgegaan deur Athol Trollip
Opgevolg deur Mmusi Maimane

LP vir Noord-Durban
Ampstermyn
6 Mei 2009 – 21 Mei 2014

Persoonlike besonderhede
Geboorte 9 April 1980
Politieke party Demokratiese Alliansie
Alma Mater Universiteit van Kaapstad

Lindiwe Mazibuko (gebore 9 April 1980) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die voormalige parlementêre leier van die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie.[1][2] Sy was die land se vierde jongste parlementslid, naas die ANC se Mduduzi Manana, COPE se Luzelle Adams en haar DA-kollega Masizole Mnqasela.[2] Sy is deur sommige bestempel as 'n "opkomende ster in die parlement" en 'n moontlike toekomstige DA-leier.[3][4] Sy is op 27 Oktober 2011 as die DA se parlementêre leier verkies[5][6] nadat sy Athol Trollip net-net in 'n verkiesing verslaan het[7] Sy word in Mei 2014 deur Mmusi Maimane in die posisie opgevolg nadat sy kort na die verkiesing aangekondig het dat sy oorsee gaan studeer.[8]

Agtergrond[wysig]

Mazibuko het as deel van haar studie aan die Universiteit van Kaapstad 'n referaat oor die DA geskryf nadat die destydse leier Tony Leon in 2006 uitgetree het.[9] Na voltooing van haar studies aanvaar sy 'n pos by die DA as die party se media-skakelbeampte in die parlement.[10]

Mazibuko is as parlementêre kandidaat vir die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009 aangewys, nadat die party se leier, Helen Zille haar as 'n uitblinker beskryf het. Haar naam het derde op die DA se lys vir KwaZulu-Natal verskyn.[11] Dit besorg haar 'n plek in die parlement nadat die DA hulle status as amptelike opposisie behou het.[2] Sy is daarna as die DA se skadu-adjunkminister van kommunikasie aangestel, en het ook Donald Lee as die party se nasionale woordvoerder opgevolg.[1]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 DA se skadu-kabinet - volledige lys van lede”.
  2. 2,0 2,1 2,2 National List MPs”. (PDF)
  3. Rossouw, Mandy (26 September 2009). “Being black in the DA”. Mail & Guardian.
  4. Terreblanche, Christelle (13 May 2010), "DA MP challenges Zuma", IOL – Independent Online, http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=6&art_id=vn20100513121818164C650719, besoek op 22 Augustus 2008 
  5. #BreakingNews Lindiwe Mazibuko has been elected the new DA parliamentary leader op Twitter
  6. Rice, Catherine, "Mazibuko wins top DA post", Eye Witness News, 27 Oktober 2011.
  7. Grootes, Stephen, "DA Parliamentary leader post to be announced", Eye Witness News, 27 Oktober 2011.
  8. Maimane is DA se nuwe parlementêre leier, Maroela Media, 26 Mei 2014
  9. Webb, Boyd (6 May 2008), "Black, young and gifted...", The Star, http://www.iol.co.za/news/politics/black-young-and-gifted-1.399033#.UDRkRaCjySw, besoek op 22 Augustus 2008 
  10. Mabanga, Thebe, "DA PARTY LIST: A varied selection", 30 Januarie 2009.
  11. The DA's candidates for the 2009 elections”. Politicsweb: 25 Januarie 2009.
Voorafgegaan deur:
Dene Smuts
Skadu-adjunkminister van Kommunikasie
2009-2014
Opgevolg deur:
'
Voorafgegaan deur:
Donald Lee
DA se Nasionale Woordvoerder
2009-2014
Opgevolg deur:
Mmusi Maimane
Voorafgegaan deur:
Athol Trollip
Parlementêre leier van die DA
27 Oktober 2011-26 Mei 2014
Opgevolg deur:
Mmusi Maimane