Muon-neutrino

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die muon-neutrino is ’n tweedegenerasie-lepton.

Die muon-neutrino is ’n elementêre lepton wat geen netto elektriese lading het nie. Saam met die muon vorm dit die tweede generasie van leptons, vandaar sy naam. Dit is in 1962 ontdek.

Soos alle elementêre deeltjies het die muon-neutrino ’n antideeltjie, die muon-antineutrino, waarvan sommige eienskappe dieselfde magnitude maar ’n teenoorgestelde teken het.