Nabootser-blennie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nabootser-blennie
Aspidontus tractus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Blennioidei
Familie: Blenniidae
Genus: Aspidontus
Spesie: A. tractus
Binomiale naam
Aspidontus tractus
(Fowler, 1903)

Die Nabootser-blennie (Aspidontus tractus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Mimic blenny.

Voorkoms[wysig]

Die kop en voorste gedeelte van die lyf is ligkleurig en die agterste gedeelte is donker blou van kleur. Daar is 'n swart streep vanaf die snoet tot by die stertvin wat al wyer word na agter. Daar is ook 'n swart streep op die rant van die dorsale vin aan die voorkant wat dan sak na die middel van die vin soos dit na agter gaan. Die pektorale vinne is deurskynend terwyl die basis swart is. Die vis word tot 10 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat 2 – 30 m diep is. Die vis lyk baie na die Bloustreep-skoonmakertjie en boots sy manier van swem na. Hierdie vis is 'n parasiet; ander visse verwar hom met die Bloustreep-skoonmakertjie en dan kan hy tot by hulle kom voor hy hul aanval.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]