Nedbank

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nedbank
Tipe
Gestig 1888
Hoofkantoor Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika
Sleutelpersone Michael William Thomas Brown (hoof uitvoerende beampte)
Raisibe Morathi (hoof finansiële beampte)
Graham Dempster (hoofbedryfsbeampte)
Reuel Khoza (voorsitter van die raad)
Gebied bedien Suid-Afrika
Industrie Bankwese
Produkte Finansiële dienste
Inkomste R31,8 miljard (2012)
Werknemers +28 000 (2012)
Webwerf nedbank.co.za

Nedbank (JSE: NED) is een van die grootste banke in Suid-Afrika alhoewel dit egter een van die nuutste banke is om plaaslik geïnkorporeer te word. Sy hoofkantoor is in Johannesburg. Mark kapitalisasie is R46,5bn vanaf 28 Augustus 2006.

Geskiedenis[wysig]

Oorspronklik in 1888 gestig in Amsterdam as die Nederlandsche Bank en Credietvereeniging voor Zuid-Afrika en open in dieselfde jaar 'n kantoor in Pretoria. 18 jaar later, in 1906, het die bank uitgebrei met die opening van 'n tak in Londen. In 1951 word die Suid-Afrikaanse tak verselfstandig onder die naam Nederlandse Bank in Suid-Afrika Beperk geïnkorporeer. Die hoeveelheid Suid-Afrikaanse aandeelhouers het aansienlik toegeneem en in 1969 is die maatskappy 100 persent Suid-Afrikaans nadat die Bank Mees en Hoop 20 persent van die aandele gekoop en nog dieselfde jaar weer verkoop het.

In 1992 is die naam van die bank verander na Nedcor Bank Beperk, waarvan Nedbank die grootste afdeling was. In 1992 smelt Syfrets, UAL en Nedbank Investment Bank saam om Nedcor Investment Bank (NIB) te vorm. Ou Mutual, Nedcor se houermaatskappy, het demutualiseer en op die Londense aandelebeurs gelys in 1999. Dit word 'n samestelling van die FTSE 100 indeks. Nedbank bekom die Man (eiland) en Jersey private bankbesigheid van Robert Fleming & Kie in 2001.

Die nuwe Nedcor Groep vorm op 1 Januarie, 2003, en kombineer Nedcor, BoE, Nedcor Investment Bank en die Kaap van Goeie Hoop Bank in een wettige entiteit. Die Nedcor Groep is hernoem tot die Nedbank Groep op 6 Mei 2005. Die Nedbank-hoofkantoor is in Sandton, Suid-Afrika.

In Augustus 2009, koop Nedbank die oorblywende 49.9% van Imperial Bank, sodat Imperial Bank nou ten volle besit word deur Nedbank.[1]

Nedbank se vooruitskatting van VPA vir die hele 2006 is tussen 956 en 1178 sent. Die laaste twee dividende betaal was die tussentydse vir 2006 van 209 sent en die finale vir 2005 van 185 sent. In September 2006 is die aandeleprys ZAR 114.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]