SWAPO

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
South West Africa People's Organisation
SWAPO
Logo van die betrokke party.
Vlag van die SWAPO

Leier Hifikepunye Pohamba
Gestig 19 April 1960
Hoofkwartier Hans Dietrich Genscher-straat, Erf 2464, Katutura, Windhoek
Jeugvleuel SWAPO Jeugliga
Ideologie Demokratiese sosialisme, Sosiaal-Demokrasie
Internasionale affiliasie Sosialistiese Internasionaal
Amptelike kleure blou, rooi, groen
Webblad swapoparty.org

Die South West Africa People's Organisation (SWAPO) is 'n politieke party wat Namibië sedert onanfhanklikheid in 1990 regeer. Dié party is in 1960 deur Toivo ya Toivo en Samuel Nujoma gestig.

Al was dit voorheen 'n Marxisties-georiënteerde beweging, staan SWAPO vandag vir die beginsels van veelparty-demokrasie en 'n gemengde ekonomie. SWAPO was sedert sy stigting 'n wettige politieke party in Namibië, en was as politieke party deurentyd aktief. Selfs gedurende die tyd van die VN-monitorplan wat vergaderings van meer as 20 persone verbied het, het SWAPO nog steeds vergader. Die gevolg was dat SWAPO-leiers ook gereeld gearresteer was. SWAPO se stemkrag lê hoofsaaklik, maar nie eksklusief, by die Ovambostam. In Desember 1976 erken die VN Algemene Vergadering SWAPO as die “enkel gesaghebbende verteenwoordiger van die Namibiese bevolking”. Hierdie titel was natuurlik nie deur ander interne partye erken nie.

SWAPO word huidig deur Hifikepunye Pohamba gelei en die sekretaris-generaal is Me. Pendukeni Ivula-Ithana. SWAPO is 'n volle lid van die Sosialistiese Internasionaal.