Sjarme-kwark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die sjarme-kwark of c-kwark (simbool: c, van die Engelse charm quark) is die derde swaarste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Hulle word in hadrone aangetref, wat subatomiese deeltjies is wat uit kwarke bestaan.

Saam met die vreemd-kwark is dit ’n tweedegenerasie-kwark. Dit het ’n elektriese lading van +23 e en ’n massa van 1,29+0,05−0,11 GeV/c2. Nes ander kwarke is die sjarme-kwark ’n elementêre fermion met spin-12 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Sy antideeltjie is die sjarme-antikwark of anti-sjarme, waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.

Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia