Speyer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Speyer
Speyer BW 3.JPG

Kaart Wapen
Speyer-Position.png
DEU Speyer COA.svg
Historiese seël
Speyer Siegel.jpg
 Land Flag of Germany.svg Duitsland
 Deelstaat Flag of Rhineland-Palatinate.svg Rynland-Palts
 Koördinate 49°19′N 8°26′O
 Stigting 150 n.C. (Noviomagus)
 Stadstatus 1230
 Oppervlakte:  
 - Totaal 42,58 vk km
 Hoogte bo seevlak 103 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 49 857
 - Bevolkingsdigtheid 1 171/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Hansjörg Eger (CDU)
 Amptelike webwerf speyer.de

Speyer is 'n kultureel en histories belangrike stad aan die Bo-Ryn. Dit is een van die oudste nedersettings in Duitsland wat deur die Romeine omstreeks 150 n.C. as hoofstad van die Nemeters-stam onder die naam Noviomagus of Civitas Nemetum gestig is. As Spira was die stad omstreeks 600 die sentrum van die gewes Speyergau.

In die middeleeue was Speyer as Vrye Ryksstad een van die beduidendste nedersettings in die Heilige Romeinse Ryk. Tussen 1816 en 1945 het dit as administratiewe setel van die Beierse administrasie van die Palts gefungeer en is tans 'n selfregerende stad in die deelstaat Rynland-Palts met 'n bevolking van sowat 50 000.

Speyer staan veral bekend vir sy Keiser- en Maria-domkerk, die grootste bewaarde Romaanse kerkgebou ter wêreld wat in 1981 deur UNESCO tot wêrelderfenis verklaar is.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Speyer (kategorie)