Staatsgreep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Staatsgreep (Frans: Coup d'état), is 'n snelle politieke handeling waarby 'n persoon of groep persone op 'n nie-reëlmatige metode mag oor 'n land verkry. Staatsgrepe is meestal geweldadig, maar kan ook sonder enige geweld plaasvind.

Staatsgrepe word deur 'n relatief klein aantal mense uitgevoer. As groot getalle mense betrokke is, word dit as 'n rewolusie beskou. Selfs 'n enkele persoon kan 'n staatsgreep uitvoer as hy of sy, as voorbeeld, beheer oor 'n land se weermag verkry.

Staatsgrepe kan ook deur ander lande uitgevoer word, soos die Irannese staatsgreep van 1953, waar die land se eerste minister deur die CIA en Brittanje se MI6 ontsetel is.

'n Bekende staatsgreep was die biersaal-staatsgreep, waar Adolf Hitler probeer het om die regering van die deelstaat Beiere in Duitsland oor te neem. Die staatgreep het egter misluk.

Kyk ook[wysig]