Staraja Ladoga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Staraja Ladoga
Старая Ладога
Die fort van Ladoga.
Die fort van Ladoga.
Wapen van Staraja Ladoga
Wapen
Die ligging van Leningrad-oblast in Rusland
Die ligging van Leningrad-oblast in Rusland
Ligging van Staraja Ladoga op 'n kaart (Leningrad-oblast)
Staraja Ladoga
Staraja Ladoga
Die ligging van Leningrad-oblast in Rusland
Koördinate: 59°59′0″N 32°18′0″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Leningrad-oblast
Stigting 862
Dorpstatus 1703
Tydsone MSK (UTC+04:00)
Poskode 187412
Skakelkode(s) 7 81363

Staraja Ladoga (Russies: Старая Ладога; Fins: Vanha Laatokka), of die Aldeigjuborg van Noorse sagas, is ’n vesting in die Leningrad-oblast in Rusland. Dit is aan die Wolchof-rivier naby die Ladogameer geleë, 8 km noord van die dorp Wolchof.

Ladoga was in die 8ste en 9de eeu ’n vooruitstrewende handelspos. Die veelvolkige nedersetting is oorheers deur Skandinawiërs wat die "Roes" genoem is, en daarom word dit soms Rusland se eerste hoofstad genoem.

In 1703 het Pieter die Grote die dorp Nowaja Ladoga (Nuwe Ladoga) nader aan die Ladogameer laat bou. Die fort het daarna agteruitgegaan en is herdoop tot Staraja Ladoga (Ou Ladoga).

Eksterne skakels[wysig]

Steeds bestaande kremlins in Rusland
AstrachanIzborskKazanKolomnaMoskouNizjni NowgorodPskofSmolenskSoezdalSolowjetski-kloosterStaraja LadogaTobolskToelaWeliki Nowgorod