Stef Bos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stef Bos
Stef Bos.jpg
Stef Bos tydens 'n lewendige optrede.
Geboorte 12 Junie 1961 (1961-06-12) (52 jaar oud)
Veenendaal, Utrecht, Nederland
Instrument(e) Kitaar, klavier
Webwerf http://www.stefbos.nl/
Portal.svg Musiekportaal

Stef Bos (gebore in Veenendaal in die provinsie Utrecht, Nederland op 12 Julie 1961) is 'n Nederlandse sanger, liedjieskrywer en akteur. Hy sing ook in Afrikaans.

Jeug[wysig]

Stef Bos het in 1984 na Antwerpen verhuis waar hy tot en met 1988 kleinkunste aan Studio Herman Teirlinck studeer het. Sy dosente was onder andere Johan Verminnen en Raymond van het Groenewoud. Naas die liedere wat hy vir sy eie gebruik geskryf het, het hy ook in daardie tyd onder meer die lied Door de Wind geskryf, wat Ingeborg Sergeant op die Eurovision-sangfees van 1989 vir België opgevoer het. Stef Bos het ook vir Clouseau en Samson en Gert enkele lirieke geskryf. In 2002 het hy van Antwerpen na die Oos-Vlaamse dorp Wachtebeke verhuis.

Sukses[wysig]

Stef Bos se eerste twee enkelsnitte wat hy in 1990 uitgereik het — Is Dit Nu Later en Gek Zijn is Gezond — het nie veel sukses behaal nie, maar Papa was 'n groot treffer en word tot vandag onlosmaaklik met sy naam verbind. Die album het hierdeur dubbelplatinum verkry en in daardie selfde jaar het hy twee pryse ontvang: een Edison-musiekprys en die Zilveren Harp. Bos toer nou gereeld in België en Nederland met 'n teaterkonsert wat aanvanklik veral in België, maar later ook in Nederland, 'n sukses geword het. Geleidelik het Stef Bos ook in aanraking met die Afrikaanse kultuur gekom. Hy het eers na Wes-Afrika vertrek. Hier het 'n baie inspirasie opgedoen. Later het hy na Suid-Afrika vertrek. Hy het saam met Johannes Kerkorrel en Tandie Klaassen aan die album Together As One gewerk. Ook hierna was die Afrikaanse invloed duidelik merkbaar op die albums wat Stef Bos uitgereik het. Op die CD's Vuur tot en met De Onderstroom bevat snitte wat saam met Afrikaanse musici opgeneem is of deur hulle geskryf is. Met die album Vuur het Bos 'n Edison-nominasie verdien, maar wat hy toe nie gewen het nie. In 2000 het Stef Bos vir sy album Zien 'n tweede Edison ontvang asook 'n Gouden Harp. Vir hierdie CD het hy nie net deur België en Nederland getoer nie, maar ook deur Suid-Afrika.

In 2001 was Stef Bos die eregas by die Nekkanacht in die Antwerpse Sportpaleis. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Nekkanacht was die Sportpaleis vol bespreek. Die ongeveer 15 000 bywoners het 'n gevarieerde aand geniet waarby Stef Bos self die gasheer was en hy musiek gemaak het met Johan Verminnen, Raymond van het Groenewoud, Clouseau, Boudewijn de Groot en andere waarmee hy in die verlede saamgewerk het. Die nuwe CD, Van Mpumalanga Tot Die Kaap, bevat diepgaande Afrikaanse invloede en was ook opgeneem met die hulp van 'n paar Afrikaanse musikante.

Ná die vrystelling van nog 'n CD, Donker en Licht, en die saamgaande teatertoer Niemandsland, het Stef Bos in 2004 met 'n kort solo-toer begin, genaamd Dichtbij, waar hy sélf met die klavier begelei het. Hierdie toer het ook gedien om nuwe liedjies by teatergangers te toets voordat dit op CD's geplaas word. In November 2004 het hy met 'n lang toer, Licht, saam met 'n musiekgroep begin. In 2005 het voorlopig sy laaste CD vrygestel, genaamd Ruimtevaarder, met veral nuwe liedere wat op die Licht-toer gespeel is.

Stef Bos het nie slegs CD's uitgebring nie, maar ook drie boeke: Gebroken Zinnen, Alles Wat Was en Ja!. Die eerste boek is 'n boek waarin 'n verskeidenheid van prosa en poësie wat deur Stef Bos geskryf is gepubliseer is, insluitende gedagtes, gedigte en ongesonge lirieke. Die tekse is afgewissel met illustrasies deur die Suid-Afrikaanse skilderes Mariana Booyens. Die boek het ook in Afrikaans verskyn, onder die titel Gebroke Sinne. In die boek Alles Wat Was, met daarmee saam ook 'n bonus-CD wat nie-uitgegewe snitte bevat, is daar 'n versameling lirieke van 1980 tot 2005 wat met foto's, briewe, sketse en kommentaar afgewissel word. Ja! is 'n vervolg op Gebroke Sinne, en bevat op sy beurt illustrasies van die kunstenaar Eric de Bruijn.

Diskografie[wysig]

Stef Bos

Albums[wysig]

  • 1990: Is dit nu later
  • 1992: Tussen de liefde en de leegte
  • 1994: Vuur
  • 1995: Schaduw in de nacht
  • 1997: De onderstroom
  • 1998: Stad en land (lwendig)
  • 1999: Zien
  • 2000: Beste van Bos (Suid-Afrika)
  • 2000: Noord & Zuid (Het beste van Stef Bos)
  • 2001: Van Mpumalanga tot die Kaap
  • 2003: Donker en licht
  • 2003: Jy vir my
  • 2005: Ruimtevaarder
  • 2007: Storm

Enkelspelers[wysig]

  • 1990: Is dit nu later
  • 1990: Gek zijn is gezond
  • 1991: Laat vandaag een dag zijn
  • 1991: Papa
  • 1991: Breek de stilte
  • 1991: Wat een wonder
  • 1992: Jij bent voor mij
  • 1993: De radio
  • 1993: Awuwa (Zij wil dansen)
  • 1994: Vuur/Pepermunt
  • 1994: Hilton Barcelona
  • 1995: Twee mannen zo stil
  • 1995: Vrouwen aan de macht
  • 1996: Schaduw in de Nacht
  • 1996: Two Of A Kind
  • 1996: Onder in mijn whiskeyglas
  • 1997: De dag zal komen
  • 1997: De tovenaar
  • 1999: Papa (live)
  • 1999: Ik geloof in jou
  • 1999: Niets te verliezen
  • 2000: Ginette
  • 2000: Kind van de vijand
  • 2000: Suikerbossie
  • 2003: Ik mis jou
  • 2003: Engjelushe
  • 2004: Zij weet
  • 2005: Ruimtevaarder
  • 2009: In een ander licht
  • 2010: Kloofstraat

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]