Tau-neutrino

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die tau-neutrino is ’n derdegenerasie-lepton.

Die tau-neutrino is ’n elementêre lepton wat geen netto elektriese lading het nie. Saam met die tau vorm dit die derde generasie van leptons, vandaar sy naam. Die ontdekking daarvan is in 2000 aangekondig.

Soos alle elementêre deeltjies het die tau-neutrino ’n antideeltjie, die tau-antineutrino, waarvan sommige eienskappe dieselfde magnitude maar ’n teenoorgestelde teken het.