Aulax
Aulax | |
---|---|
Aulax umbellata manlike plant met blomme en meeldrade | |
Aulax umbellata vroulike plant met blomme en stampers | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Subfamilie: | Proteoideae |
Tribus: | Petrophileae |
Genus: | Aulax Berg., 1767 |
Spesies | |
|
Aulax (kanariebosse) is 'n immergroen struikgenus wat tot die familie Proteaceae behoort. Daar is net drie spesies wat tot die genus hoort. Anders as die meeste genera van Proteaceae is die plant tweeslagtig met manlike en vroulike plante. Die blare is naaldagtig. In die lente en somer produseer die vroulike plante tregter-tipe blomkoppe, soortgelyk as die van die Leucospermum-genus, wat in saad keëls ontwikkel. Die mannetjie plant se blomme is geel.
Spesies
[wysig | wysig bron]Spesies wat hoort tot die genus is:[1]
- Aulax cancellata (L.) Druce, 1753, 1914 - Geelveer
- Aulax pallasia Stapf, 1912 - Naaldblaarkanariebos
- Aulax umbellata (Thunb.) R.Br., 1781, 1810 - Veerkanariebos
Groeiwyse
[wysig | wysig bron]Die plante is taai en kan alles weerstaan: uiterste hitte, lae humuditeit en droogtes maar is ryp het 'n nadelige uitwerking op die plant. Soos die meeste Proteaceae plante groei hulle die beste in growwe grond met goeie dreinerig. Hulle plant voort met saad of met steggies wat in die laat somer of herfs gesny word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Aulax Berg. 1767". Protea Atlas Project. South African National Biodiversity Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013. Besoek op 22 Mei 2013.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aulax.
- Botanica Sistematica