Aapstertsteekgras

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Aapstertkweekgras
Die Futterpflanzen Deutsch-Südwestafrikas und Analysen von Bodenproben - botanische und chemische Untersuchungen (1914) (20294731474).jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Aristida
Spesie:
Aristida congesta

Roem. & Schult.

Aapstertsteekgras (Aristida congesta Roem. & Schult.) is 'n grasspesie wat inheems is aan alle provinsies van Suid-Afrika asook aan Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini, Mosambiek en verder tot die Middellandse See. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.[1]

SANBI vermeld twee subspesies:

  • Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. congesta
  • Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. barbicollis (Trin. & Rupr.) De Winter[2]

Dit is 'n meerjarige digte polgras wat 10 -75 cm hoog word. Die blare kan plat of gevou wees. Die pluime is 3 – 20 cm lank. Dit het stekeltjies met ongelyke kaffies. Die boonste is die grootste en kan 6,5 – 10 mm lank word. Dit kom in bladwisselende bosland op klipperige hellings of verweerde plekke voor.[3]

Beweiding[wysig | wysig bron]

Skets deur Roem. & Schult.

Dit het min waarde vir beweiding, behalwe as dit jonk is:

EIW SWIW LnregWIW
Weidingsindekswaarde[4] 1 1.3 1.04

Verwysings[wysig | wysig bron]