Adelaide, Suid-Australië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Adelaide
North Terrace en Pulteney Street
North Terrace en Pulteney Street
Wapen van Adelaide
Wapen
Ligging van Adelaide
Ligging van Adelaide
Die stad Adelaide
Die stad Adelaide
Koördinate: 34°55′44″S 138°36′04″O / 34.92889°S 138.60111°O / -34.92889; 138.60111
Administrasie
Staat Australië
Deelstaat Suid-Australië
Administratiewe verdeling 18 Local Government Areas
Stigting 28 Desember 1836
Regering
 - Burgemeester Michael Harbison
Oppervlak
 - Stedelik 1 826 9 km² (705 4 vk m)
Hoogte 43 m (141 vt)
Bevolking (2007)
 - Stad 1 289 865
 - Stedelike bevolkingsdigtheid 1 295/km² (3 354/vk m)
Tydsone ACST (UTC+9:30) (UTC)
 - Somer (DST) UTC+9:30 (UTC)
Webwerf: Adelaide City Council

Adelaide (uitgespreek /ˈædəleɪd/) is die hoofstad en die grootste stad van Suid-Australië. Die stad het ongeveer 1,3 miljoen inwoners en is die 5de grootste stad ten opsigte van sy bevolking in Australië. Adelaide is in 1836 gestig en na Adelaide van Saxe-Meiningen, William IV se vrou, vernoem.

Adelaide is naby die Suidelike Oseaan en is noord van die Fleurieu-skiereiland geleë. 'n Rivier, genaamd die River Torrens, vloei deur die stad. Adelaide het 'n warm Mediterreense klimaat. Druiwe vir die produksie van wyn word in die Barossa-vallei (sowat 50 kilometer noord van Adelaide) verbou.

Die stad is bekend vir sy kunstefees, die Festival of Arts. Die fees word sedert 1960 elke tweede jaar aangebied en is een van die grootste van sy soort ter wêreld.

Adelaide word soms die "City of Churches" genoem vanweë die vele kerke wat daar aangetref word. 'n Ander algemeen benaming is "the 20 minute city", te danke aan die uitleg wat meeste plekke binne 20 minute van die sentrale besigheidsdistrik plaas.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Vlag van Australië Hoofstede van Australië Wapen van Australië
Hoofstede AdelaideBrisbaneCanberraDarwinHobartMelbournePerthSydney