Afrikageelmelkhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Garcinia livingstonei
S.A. nasionale nommer: 486 [1]
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Malpighiales
Familie: Clusiaceae
Genus: Garcinia
Spesie: G. livingstonei
Binomiale naam
Garcinia livingstonei
T.Anderson

Die Afrikageelmelkhout (Garcinia livingstonei) is 'n klein tot middelgroot boom in Suider-Afrika. Dit kom voor vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot by Beira in die laeveld. Dit kom ook in die Zambezivallei voor. Die boom groei op laagliggende plekke in oop bosveld en op rivierbos. Dit het stywe takkies wat reghoekig uitgroei. Die blare is styf, leeragtig, dof van kleur, ronderig en word in kranse van drie gedra. Die boom bring 'n oranje, bolvormige vrug voort met 'n sterk skil. Die vrug is eetbaar ondanks die dik, geel melksap en ook smaakvol.

Blomme

Sien ook[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het media verwant aan:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. iSpot: South African Tree Common Names”. URL besoek op 19 Mei 2017.

Bron[wysig | wysig bron]