Alpha Mensae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Alpha Mensae
Emoji u2b55.svg
Die ligging van Alpha Mensae (in die rooi sirkel).
Die ligging van Alpha Mensae (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Tafel
Spektraaltipe G7 V[1]
Soort Hoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 06h 10m 14.47353s[2]
Deklinasie -74° 45′ 10.9583″[2]
Skynmagnitude (m) 5,09[3]
Absolute magnitude (M) 5,03[4]
B-V-kleurindeks  0,72[5]
U-B-kleurindeks  0,33[5]
Besonderhede
Massa (M) 1,103 ± 0,086[6]
Radius (R) 0,99 ± 0,03[7]
Ligsterkte (L) 0,819
Ouderdom (jaar) 5,4 miljard[6]
Temperatuur (K) 5 587[6]
Afstand (ligjaar) 33
Rotasiespoed (km/s) 1,7[6]
Metaalinhoud [Fe/H] 0,05[6]
Ander name
CD−74° 294, FK5 239, GJ 231, HD 43834, HIP 29271, HR 2261, SAO 256274, LTT 2490, GCTP 1468.00[8]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Mensae (afgekort as α Men) is die helderste ster in die sterrebeeld Tafel (Mensa). Met ’n skynbare magnitude van 5,09 is dit die dofste luside (die helderste ster in ’n sterrebeeld) aan die naghemel. Vanweë sy deklinasie is dit die beste te sien in die Suidelike Halfrond, maar dit is ook net noord van die ewenaar laag in die lug te sien wanneer dit op sy hoogste punt is.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Die ster het ’n sterreklassifikasie van G7 V,[8] wat aandui dit is ’n geel hoofreeksster wat nog waterstof in sy kern in helium omskakel. Dit is omtrent so groot soos die Son, maar koeler: Sy massa is omtrent 110% van dié van die Son,[6] sy radius sowat 99%[7] en sy ligsterkte 83% van die Son s’n. Sy effektiewe temperatuur is 5 587 K en hy het ietwat meer metale (elemente swaarder as waterstof en helium) as die Son (112%). Die ster se geraamde ouderdom is 5,4 miljard jaar en dit roteer met ’n taamlike stadige spoed van 1,7 km/s.[6]

Alpha Mensae is sowat 33 ligjare van die Son af en het ’n relatief hoë eiebeweging deur die lug. Dit het sowat 250 000 jaar gelede op sy naaste aan die Son gekom (omtrent 10 ligjare).[9] ’n Oormaat infrarooistraling is om die ster bespeur, wat dui op die teenwoordigheid van ’n sirkumstellêre skyf met ’n radius van meer as 147 AE. Die Herschel-ruimtesterrewag kon dit egter nie bevestig nie.[10]

Die ster het ’n rooidwergmetgesel teen ’n hoekskeiding van 3,05 boogsekondes, of ’n afstand van sowat 30 AE.[8][11][12]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Gray, R. O. et al. (2006), "Contributions to the Nearby Stars (NStars) Project: spectroscopy of stars earlier than M0 within 40 pc-The Southern Sample", The Astronomical Journal 132 (1): 161–70, doi:10.1086/504637, Bibcode2006AJ....132..161G. 
  2. 2,0 2,1 (2007) “Validation of the new Hipparcos reduction”. Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664. doi:10.1051/0004-6361:20078357.Vizier-katalogus
  3. Mermilliod, J.-C. (1986). “Compilation of Eggen's UBV data, transformed to UBV (ongepubliseer)”. Catalogue of Eggen's UBV data.
  4. Holmberg, J. et al. (Julie 2009), "The Geneva-Copenhagen survey of the solar neighbourhood. III. Improved distances, ages, and kinematics", Astronomy and Astrophysics 501 (3): 941–947, doi:10.1051/0004-6361/200811191, Bibcode2009A&A...501..941H. 
  5. 5,0 5,1 (1966) “UBVRIJKL photometry of the bright stars”. Communications of the Lunar and Planetary Laboratory 4 (99).
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 6,6 (Julie 2005) “Spectroscopic Properties of Cool Stars (SPOCS). I. 1040 F, G, and K Dwarfs from Keck, Lick, and AAT Planet Search Programs”. The Astrophysical Journal Supplement Series 159 (1): 141–166. doi:10.1086/430500. Nota: Sien VizieR-katalogus J/ApJS/159/141.
  7. 7,0 7,1 Bruntt, H. et al. (Julie 2010), "Accurate fundamental parameters for 23 bright solar-type stars", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 405 (3): 1907–1923, doi:10.1111/j.1365-2966.2010.16575.x, Bibcode2010MNRAS.405.1907B 
  8. 8,0 8,1 8,2 "LTT 2490 -- High proper-motion star". SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 2010-09-11. 
  9. Bailer-Jones, C. A. L. (Maart 2015), "Close encounters of the stellar kind", Astronomy & Astrophysics 575: 13, doi:10.1051/0004-6361/201425221, A35, Bibcode2015A&A...575A..35B. 
  10. Sibthorpe, B. et al. (April 2018), "Analysis of the Herschel DEBRIS Sun-like star sample", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 475 (3): 3046–3064, doi:10.1093/mnras/stx3188, Bibcode2018MNRAS.475.3046S. 
  11. (2007) “The impact of stellar duplicity on planet occurrence and properties. I. Observational results of a VLT/NACO search for stellar companions to 130 nearby stars with and without planets”. Astronomy and Astrophysics 474 (1): 273–291. doi:10.1051/0004-6361:20077447.
  12. "HD 43834B – Star". SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 2010-03-26. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]