Angika
Voorkoms
Angika अंगिका | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Nepal | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 15 miljoen[1][2] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Oos-Indo-Aries Bihari Angika | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[3] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | anp | |
ISO 639-3: | anp | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Angika (अंगिका) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 15 miljoen mense in die Indiese deelstate Bihar en Jharkhand gebesig word.[4]
Alhoewel die aantal mense wat Angika besig, groot is, word dié taal in die grondwet van Indië nie erken nie. In Bihar word Hindi as onderwys- en amptelike taal gebruik.[5]
Angika behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. Sedert Maart 2018 is Angika een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale.[6] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Angika as een van Nepal se baie nasionale tale.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Sevanti Ninan (2007). Headlines From the Heartland: Reinventing the Hindi Public Sphere. SAGE Publications. p. 61. ISBN 978-0-7619-3580-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2018.
- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Angika". Ethnologue. Besoek op 29 April 2024.
- ↑ (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
- ↑ (en) Arihant Experts (1 Februarie 2022). Jharkhand Sahivalye JGGLCCE Main Exam Paper 3 (General Knowledge) 2022. Arihant Publications India limited. ISBN 978-93-257-9990-5.
- ↑ (en) "History of Indian Languages". Diehardindian.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2012. Besoek op 29 Februarie 2012.
- ↑ (en) "Jharkhand gives second language status to Magahi, Angika, Bhojpuri and Maithili". Avenue Mail. 21 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 15 Augustus 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Angika.