Federale staatsvorm van Indië
Indië is 'n federasie wat onderverdeel is in 28 deelstate, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied (Delhi). Alle deelstate en uniegebiede is weer onderverdeel in distrikte.
Tale van Indië
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van nasionale tale van Indië.
Hindi is volgens die grondwet van 1950 die ‘voorkeur’ amptelike taal van Indië. Hierdie taal word deur die federale owerheid gebruik. Ook word Hindi gebruik as kommunikasietaal tussen die federale owerheid en die deelstate waar Hindi as amptelike taal erken word. Engels word deur die federale owerheid ook as amptelik taal erken en gebruik as kommunikasietaal met die ander deelstate waar Hindi nie erken word nie.
Volgens die grondwet van 1950 sou Engels as amptelike taal erken word tot en met 1965, waarna die taal sy amptelike status sou verloor ten gunste van Hindi. Maar dit het nie gebeur nie. Veral in die sakelewe, maar ook by regeringsinstansies geniet Engels vandag hoë prioriteit. Naas Hindi en Engels geniet nog 21 ander tale amptelike erkenning.
Deelstate en uniegebiede van Indië
[wysig | wysig bron]
1–28 is deelstate en A–G is uniegebiede |
||
|
Tabel
[wysig | wysig bron]In die onderstaande tabel word die uniegebiede kursief aangedui.
Deelstaat of uniegebied |
Hoofstad | Amptelik taal | Oppervlakte (km²) |
Bevolking (2001) |
---|---|---|---|---|
Andaman en Nicobar | Port Blair | Hindi | 8249 | 356 152 |
Andhra Pradesh | Hyderabad | Telugu | 275 068 | 76 210 007 |
Arunachal Pradesh | Itanagar | Hindi | 83 743 | 1 097 968 |
Assam | Dispur | Assamees | 78 438 | 26 655 528 |
Bihar | Patna | Hindi | 99 200 | 82 998 509 |
Chandigarh | Chandigarh | Hindi | 114 | 900 635 |
Chhattisgarh | Raipur | Hindi | 135 194 | 20 833 803 |
Dadra en Nagar Haveli | Silvassa | Gujarati | 491 | 220 490 |
Daman en Diu | Daman | Gujarati | 112 | 158 204 |
Delhi | Nieu-Delhi | Hindi | 1483 | 13 850 507 |
Goa | Panaji | Konkani | 3702 | 1 347 668 |
Gujarat | Gandhinagar | Gujarati | 196 024 | 50 671 017 |
Haryana | Chandigarh | Hindi | 44 212 | 21 144 564 |
Himachal Pradesh | Shimla | Hindi | 55 673 | 6 077 900 |
Jammu en Kasjmir | Srinagar Jammu |
Kasjmiri, Oerdoe | 222 236 | 10 143 700 |
Jharkhand | Ranchi | Hindi | 74 677 | 26 945 829 |
Karnataka | Bangalore | Kannada | 191 791 | 52 850 562 |
Kerala | Trivandrum | Malayalam | 38 863 | 31 841 374 |
Lakshadweep | Kavaratti | Malayalam | 32 | 60 650 |
Madhyapradesh | Bhopal | Hindi | 308 252 | 60 348 023 |
Maharashtra | Mumbai | Marathi | 307 690 | 96 878 627 |
Manipur | Imphal | Meitei | 22 327 | 2 166 788 |
Meghalaya | Shillong | Khasi, Garo, Engels | 22 429 | 2 318 822 |
Mizoram | Aizawl | Mizo, Engels | 21 081 | 888 573 |
Nagaland | Kohima | Engels | 16 579 | 1 990 036 |
Orissa | Bhubaneshwar | Oriya | 155 707 | 36 804 660 |
Puducherry | Puducherry | Tamil | 492 | 974 345 |
Punjab | Chandigarh | Pandjabi | 50 362 | 24 358 999 |
Rajasthan | Jaipur | Hindi | 342 239 | 56 507 188 |
Sikkim | Gangtok | Nepalees | 7096 | 540 851 |
Tamil Nadu | Madras | Tamil | 130 058 | 62 405 679 |
Tripura | Agartala | Bengaals | 10 486 | 3 199 203 |
Uttarakhand | Dehradun | Hindi | 51 125 | 8 489 349 |
Uttar Pradesh | Lucknow | Hindi | 243 286 | 166 197 921 |
Wes-Bengale | Kolkata | Bengaals | 88 752 | 80 176 197 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Verinder Grover (1996). Ranjana Arora (red.). Encyclopaedia of India and Her States edition. New Delhi: Deep & Deep. ISBN 81-7100-730-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Federale staatsvorm van Indië.
- (en) States of India – Amptelike regeringswebwerf van Indië