Indo-Ariese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Indo-Ariese tale
Geografiese
verspreiding:
Suid-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europese tale
 Indo-Irannese tale
  Indo-Ariese tale
Onderafdelings:
(die NW, W, S en O-sone sluit almal tale in wat tradisioneel as dialekte van Hindi beskou word)
Indoarische Sprachen.png

Verspreiding van Indo-Ariese tale

Die Indo-Ariese tale vorm 'n onderfamilie van die Indo-Irannese tale binne die Indo-Europese taalfamilie. Die meer as 'n honderd tale word deur omtrent een miljard mense oorwegend in Noord- en Sentraal-Indië, Pakistan, Bangladesj, Nepal, Sri Lanka en die Maledive gepraat. Die belangrikste Indo-Ariese tale sluit in Hindi-Oerdoe (Hindoestani), Bengaals en die klassieke taal Sanskrit. Ook Romani, wat deur Roma in Europa gepraat word, behoort tot die Indo-Ariese tale. Die mees afgeleë Indo-Ariese taal is egter Fidjiaanse Hindi, een van die drie amptelike tale van die eilandnasie Fidji in Oseanië.

Verspreiding van die Indo-Ariese tale binne die tale van Suid-Asië

Die Drawidiese tale, wat veral in Suid-Indië gepraat word, is nie met die Indo-Ariese tale verwant nie, maar deur duisend jaar se taalkontak het hulle talle gemeenskaplike kenmerke ontwikkel. Dit vorm 'n taalfamilie op sy eie reg.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Hindoestani (Hindi-Oerdoe, 325 miljoen), Bengaals (190 miljoen), Pandjabi (129 miljoen), Marathi (72 miljoen), Gujarati (47 miljoen), Awadhi (40 miljoen), Bhojpuri (40 miljoen), Maithili (34 miljoen), Oriya (32 miljoen), Sindhi (24,5 miljoen), Marwari (20 miljoen), Nepalees (16 miljoen), Singalees (16 miljoen), Rangpuri (15 miljoen), Assamees (13 miljoen), Chhattisgarhi (13 miljoen), Rajasthani (13 miljoen), Konkani (6 miljoen), Kasjmiri (5,5 miljoen) en Dogri (4 miljoen).

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]