Anna-Mart van der Merwe
Anna Martha Prevot van der Merwe (9 Augustus 1963) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, gebore op Vredendal. Sy het aan die Hoërskool Vredendal matrikuleer en na skool het sy 'n graad in BA (Tale) en ook haar diploma in Spraak en Drama aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, waar sy genomineer is vir ʼn Fleur de Cap-toekenning in die Mees Belowende Student-kategorie. Sy is getroud met George Ware, ʼn Zimbabwiese sakeman, en die paartjie woon in die Wes-Kaap.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Met ʼn tweejaar-kontrak by die destydse TRUK by die Windybrow-teater in Hillbrow, Johannesburg, was sy onder meer in produksies soos: The Women of Troy, Die Hekse van Salem, Boo to the Moon en Sing jy van Bomme.
Sedert 1989 het sy vryskutwerk gedoen en het haar debuut op televisie gemaak in die televisiereeks Uitdraai deur Annie Basson. Daarna het reekse soos Sonkring 1 en 2, Torings, Konings, Onder Draai die Duiwel Rond, Soul City, Amalia, Feast of the Uninvited, Binnelanders, 7de Laan en Tydelik Terminaal gevolg.
Een van haar hoogtepunte in rolprente is haar debuut-rolprent, Die Storie van Klara Viljee, met Katinka Heyns as regisseur. Daarna het sy in ʼn hele paar rolprente verskyn, onder andere The Long Run, Red Dust, Hanna Hoekom, Stuur Groete aan Mannetjies Roux, Dis Koue Kos Skat, Kanarie en Poppie Nongena.
Teaterproduksies
[wysig | wysig bron]- Fotostaatmasjien (2018)
- The Mother
- Cinderella
- God van Chaos
- Jericho
- Die Twaalfuurwals
- Kamer van Spieëls
- Imbumba Samesyn
- Begeerte
- Twaalfde Nag
- Die Buffel
- Uncle Vanya
- Pendoring
- Steeks
- Wyn
- Generaal Mannetjies Mentz
- King Lear
- Die Laaste Strooi
- Uit die Bloute
- Die Vleiroos
- Moby Dick
- Die Mirakel
- The Seagull
- Die Hekse van Salem
- Sing jy van Bomme
- Keep Moving Ma Jack
- Four Play
- Boo to the Moon
- Women of Troy
Filmografie
[wysig | wysig bron]Televisierolprent | Uitdraai (Cornelie) | 1988 |
Televisie mini-reeks | Veldslag (Dolly) | 1990 |
Televisiereeks | Die Sonkring (Maryna du Plessis) | 1991 |
Rolprent | Taxi to Soweto (Miss Rautenbach) | 1991 |
Rolprent | Die Storie van Klara Viljee (Klara Viljee) | 1992 |
Televisiereeks | Die Sonkring II (Maryna MacDonald) | 1993 |
Televisiereeks | Torings (Rika Groenewald) | 1994 |
Televisiereeks | Paradys | 1994 |
Televisiereeks | The Sindicate (Marsha Delport) | 1995 |
Televisiereeks | Viva! (Nikki) | 1995 |
Televisiereeks | Vierspel (Lollie) | 1996 |
Televisiereeks | Hagenheim: Streng Privaat (Veronica Williams) | 1996 |
Televisiereeks | Onder Draai die Duiwel Rond (Brenda le Roux) | 1997 |
Televisiereeks | Samaritaan (Rosa) | 1998 |
Televisie mini-reeks | Saints, Sinners and Settlers (Alie) | 1999 |
Televisierolprent | Dessert Diners | 2000 |
Rolprent | The Long Run (Anna) | 2001 |
Televisiereeks | Amalia (Dr. Sanet Visser) | 2005 |
Televisiereeks | Amalia II (Dr. Sanet Visser) | 2006 |
Televisiereeks | Feast of the Uninvited (Marthie van Wyk) | 2008 |
Rolprent | Skin (Anna Roux) | 2008 |
Televisie-sepie | 7de Laan (Christelle Terreblanche) | 2009 |
Televisie-sepie | Binnelanders | 2009 |
Rolprent | Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (Mana) | 2010 |
Rolprent | Die Ballade van Robbie de Wee (Erna Verwey) | 2013 |
Rolprent | Stuur Groete aan Mannetjies Roux (Koba Basson) | 2013 |
Rolprent | Dis Koue Kos, Skat (Clara Brand) | 2016 |
Rolprent | Kanarie (Ariene Louw) | 2018 |
Rolprent | Poppie Nongena (Antoinette Swanepoel) | 2020 |
Toekennings
[wysig | wysig bron]- Silwerskerm-nominasie: Beste Ondersteunende Aktrise (Poppie Nongena)
- SAFTA-toekenning: Kanarie
- Artes-toekenning: Beste Aktrise in Sonkring 2
- FNB-Streekstoekenning: Uit die Bloute
- FNB-Streekstoekenning: Die Laaste Strooi
- Rapport Prestige Vroue-toekenning
- Vita-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise vir Die Hekse van Salem
- Avanti-toekenning: Soul City
- SAFTA-toekenning: 7de Laan
- Silwerskerm-toekenning: Stuur Groete aan Mannetjies Roux
- Fleur de Cap-toekennig: Beste Ondersteunende Aktrise vir Swerfgoed
- SAFTA Golden Horn-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in 7de Laan
Bronne
[wysig | wysig bron]- http://thespians.co.za/anna-mart-van-der-merwe-ct/
- https://www.imdb.com/name/nm0886347/
- https://www.vrouekeur.co.za/bekendes/12-vrae-aan-die-aktrise-anna-mart-van-der-merwe
- https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20180313/281487866868248
- https://www.artlink.co.za/news_article.htm?contentID=41341